Matriekafskeid

Suanné Mulder

Ek het van die begin af geweet ek wil ‘n rooi rok hê. Die dag voor ons my materiaal sou gaan koop, het ek my hele idee heeltemal verander. Ek het hierdie rok van Charlize Theron op die internet gevind waar die rok so menskleur/goud ondertoon het met sulke mooi swart gedetailleerde kant bo-oor. Dit skep die idee van nakende vel metswart kant bo-oor. Ek het geweet ‘n meerminsnit pas my lyf perfek, aangesien ek reeds rokke gaan aanpas het om te kyk wat komplimenteer my figuur. Die dag toe ek, my ma en tannie Elaine Fabric City toe gery het om my materiaal te koop, het ek ‘n goue “raw silk” materiaal met swart kant met blommotiewe aan die onderkant gekies. Die snit was eenvoudig, maar die materiaal het die rok gemaak. Ek het swart satyn handskoene bygedra, aangesien ek mal oor sulke detail is. Ek was tevrede met die uitkoms en wens ek kon die aand weer oor beleef! DIe foto’s is deur Lindy Truter geneem, ‘n baie talentvolle fotograaf.

 

Sien alle inskrywings