Matriekafskeid

Suné Labuschagne

My rok is uniek, ek het ‘n basiese idee gehad van hoe dit moes lyk. Eers toe my ontwerper met die ontwerp van my rok begin, het die finale prentjie in my kop begin vorm. My rok het uit egte goue sy, swarovskis, fyn kant en net bestaan, dit het alles by gedra tot my flambojante rok. My ontwerper en my liefste moeder het gedeur nag om my rok betyds klaar te kry. 2 Ure voor die matriekafskeid sien ek my rok vir die eerste keer nog vas gesteek aan ‘n paspop. My en my moeder se senuwees was klaar, almal het aan die werk gespring en vinnig my en my rok aan mekaar gesit. My ouma, moeder en die ontwerper – ook bekend as my tannie Wil het gou die laaste afrondings gedoen. Nadat my nig my gesiggie in gekleur het, het ek in my rok gespring en my tannie my korset toe geryg met goue koord. My niggie het die laaste kristalle aan die goue koord vas gewerk. As ‘n meisie se trourok haar mees spesiaalste rok van haar lewe moet wees, gaan my trourok buiten gewoon spesiaal moet wees om kers vas te hou by my matriekafskeidrok.

 

Sien alle inskrywings

  • Marli van Wyk

    Dis my vriendin daai! Die rok is besonders in die regte lewe!! Ek was by toe Suné nog gesit en swarovskis op sit!! Die rok is ‘n droom! Wilma du Plessis het self my rok ook gemaak!! Sy is ‘n ongelooflike ontwerper tot di fynste details maak saak!! Suné’kie jys pragtig!!!

  • Lourine Wannenburg

    Jy het baie besonders gelyk en ek dink omdat jy soveel vertroue in die ontwerper gehad het en geweet het sy sal jou op jou heel beste laat lyk en haar gelos het om kreatief te wees was jou rok so groot sukses! baie meisies wil nie na raad van ontwerpers luister nie en lyk dan nie naastenby so goed soos hulle kon nie!! Jy het klassiek, stylvol en sexy gelyk!!

  • Mariska Pretorius

    Suné se rok ontwerp deur Tannie Wilma (Wilma du Plessis Ontwerpe) is iets besonders. Die snit, materiaal, kleur en tekstuur het saam gewerk. Dit was asof die rok deel was van Suné se lyfie en het haar persoonlikheid gekomplimenteer. Dit was asemrowend mooi en waarlik iets om te onthou. Soos Suné sê haar trou rok gaan iets buiten gewoon moet wees om kers vas te hou by die matriekafskeid rok.

  • Alta Praeg

    Sune jy was die toonbeeld van elegansie en romanse. Jou rok was ongelooflik mooi! Stem saam ek sal graag daai trourok eendag wil sien XX

  • randi

    Dit……. is nou mooi!!!!!!
    Iets besonders

  • Marco Marincowitz

    Lifi, mooier as dit kry ‘n mens nie! Jy het soos ‘n sprokiesverhaal gelyk, beeldskoon,sexy,stylvol en elegant! Die rok het soos ‘n handskoen gesit om jou lyfie! Tannie Wilma het haarself werklik oortref! Jy het soos ‘n prinses gelyk in die rok!

  • Michelle

    Now this… this is STUNNING!!! The color is very elegant, the dress is elegant.. Looks like Taylor swift’s dress from one of her Music Video’s. Very gorgeous…

  • LeJuan

    so sag en stylvol regtig baie mooi!

  • ansie

    Sune ek en Ilona was gaande oor jou rok, perfek die sagte kleure en romp wat sagkuns in lae pruik was anders. Jy het pragtig gelyk, ons gunsteling rok.