matric_ball_dress_comp
Matriekafskeid

Tamryn Van Wyk

My liefde vir die klassieke romantiese styl word in hierdie rok vasgevang. Ek is versot op enige iets vintage. Die idee vir die rok is verkry uit my gunsteling fliek, Harry Potter. In die laaste fliek in hierdie reeks, trou Fleur in ‘n soortgelyke rok. Ek het absoluut op daardie rok verlief geraak en geweet dat ek dit na my matriekafskeid wil dra. Dit weerspieël so baie aspekte van my persoonlikheid. Dit is sag en vroulik met net genoeg beklemtoning om mense twee keer te laat kyk. Die detail op die rok is kontrasterend in kleur en staan uit. Tog is dit ook sag genoeg, sodat dit nie die fokus van die rok self afneem nie. Ek het gevoel ek sweef soos ‘n prinses oor die vloer in hierdie rok. Vir my was dit sowaar sprokiesmooi.

 

Sien alle inskrywings

  • Gaynor

    Die rok pas sowaar jou persoonlikheid Tamryn en ja, jy het soos ‘n prinses gelyk. Te pragtig!

  • Jo-Mari

    PRAGTIG!! Jy lyk soos ‘n fee prinses.

  • Hamieda

    that’s 1 of my bestfriends and she looked AMAZING! She is so beautiful

  • Lizette

    Dit is ‘n lieflike rok en ‘n pragtige meisie! Sy lyk so stylvol!

  • Courtney

    You look Beautiful Tamryn, This dress is honestly the difinition of beauty itself.

  • Wilbur

    Wow!!! Tamryn you looked like a dream! Love you :)

  • Erin Johannes

    Jy lyk ONGELOOFLUK mooi!

  • Hope Davids

    Die rok is uniek en pas jou so Pragtig. Dit is stylvol en vloei so saam met die mens wie jy is. Dit weerspieël jou sin van styl. Die rok is perfek, dit is nie uitspattig nie, maar dit vang die oog omdat dit soos stylvol is, die swart breek die wit perfek. Waarlik Uniek.

  • Barbara Louw

    Die rok is van die mooistes wat ek nog gesien het, ek hou van die simpel elegansie. Pragtig

  • Mariska

    sjoe, as ek my matriekafskeid kon oor he, sou ek DIE rok wou dra. Besonders mooi*