annemari_ruthven_photography
Matriekafskeid

Tanja Visser

Elke meisie droom oor haar matriekafskeidrok vanaf die dag wat hulle hul eerste babatreë in die laerskool geneem het. Toe ek ‘n Sunsilk advertensie op die televisie gesien het, het ek gewéét dis my droomrok, min wetende ek gaan die volgende jaar ‘n rok kry wat selfs beter as die droom is. Met René (my rokmaakster) se hulp het ek die eindproduk gekry van ‘n feeverhaal rok wat kort voor is, maar ook lank agter met pienk skynsels wat plek-plek uitsteek. Dit was die perfekte rok om in te dans, maar steeds soos ‘n prinses te voel.

 

Sien alle inskrywings