Matriekafskeid

Tanya Watermeyer

Mens besef nie hoe vinnig die GROOT dag van jou matriekafskeid nader kom nie! My sus die modefinatikus het vroeg die jaar by ‘n bruidskou gewerk en daar ‘n brosjure by een van die bruidshuise gekry, met ‘n rok op wat sy gemeen het was DIE rok vir my. Ek, hardkoppig soos altyd het glad nie saamgestem nie (want wat weet sy tog!). Ek en my ma het Gauteng se strate plat gery, die internet suf gesoek en hope tydskrifte deurgeblaai, vir daardie spesiale rok. Tot ek besef het daar is net een rok vir my…ousus was toe reg. Ek het op swart besluit, dis tydloos, statig en verhoed dat die detail van my rok té is. My blink smaraggroen juwele het ‘n tikkie kleur en die perfekte afronding aan die hele prentjie gegee. Ek wil net baie dankie sê aan die beste rokmaakster in Gauteng, Tannie Marie Sinden, wat gestalte aan my droomrok gegee het. Ek het waarlik soos ‘n celeb op die rooitapyt gevoel, met die mees handsomste metgesel aan my arm.

 

Sien alle inskrywings

  • Mariet

    Wow !

    Stunning rok, stunning girl. Lyk soos ‘n foto uit ‘n model tydskrif !!!!

  • Jolla

    Amazingly Beautiful!!

  • Sarah

    Jy het regtig soos ‘n celeb gelyk! Awesome!!

  • Ruby

    Ongelooflik!! Stylvol… asemrowend!!
    Girl jy was ‘n ‘knock-out’

  • Hanlie

    Ongelooflik stylvol!

  • Elize

    Pragtige rok, dit is iets besonders

  • Karin

    Sexy!! Stylvol!! ‘n regte Red Carpet rok!! Beeldskone meisie!

  • Daleen

    Mooiste rok!! Mooiste meisiekind! Jy slaan my asem weg!

  • Alwyn

    Ja sy is Dié PRAGTIGSTE Dame wat ek nog in my lewe gesien het!! Die rok beklemtoon net weer die feit! (-_O). En dan het sy nog die mooiste glimlag daarby! Sjoe.. My enigste keuse!

  • Ingrid

    Tanya, dit was beslis DIE rok vir jou. Ouer sussies is gewoonlik reg 😉 Jy het asemrowend gelyk!!

  • Zanel Louw

    Tanya, jy het so mooi gelyk en ek het baie geeerd gevoel om hierdie dag met jou te kon gedeel het…. Jy is net so mooi binne as wat jy buite is en ek hoop en bid vir net sukses, geluk en vreugde wat vir jou sal voorle in jou toekoms….. EN LUISTER ALTYD VIR JOU SUSSIE!!!

  • Susan

    Dit is so elegant! Ongelooflik mooi!

  • Samantha Nelson

    Can’t remember if I already commented on this one? BY FAR my FAVOURITE!! love love love!!!

  • Dané

    WOW 😀 😀

  • Elizma

    Wat ‘n amazing rok! Elegant, vroulik, sexy en soooooo stylvol!
    Die mooiste rok wat ek nog ooit gesien het! Well done….

  • Gabby

    PRAGTIG! PRAGTIG! PRAGTIG! 10/10!!

  • Marli

    Baie mooi rok, love die agterkant!!!

  • Anna

    Asembenewend!! die kant is uit ‘n boek!!

  • Chaney

    Tanya jy het rerig stunning gelyk! Ek is mal oor jou rok!!

  • Larissa Zeelie

    Absoluut PRAGTIG (soos ALTYD) Sy is nie net beeldskoon buite nie, maar ook binne – en daardie rok beklemtoon net haar pragtige skoonheid!

  • WihanS

    Jy het pragtig gelyk Tanya!! Trots om te sê jy is my vriendin!!

  • ………..

    GO Tanya! Ek comment maar sodat jy VER kan wen! Pragtige rok! Sterkte hoor.

  • Elizabeth

    Dit is asemrowend, jy het prentjie mooi gelyk

  • Lientjie

    Elke detail is perfek! Die valle, die kant, die blomme, die voue en die kleur! Perfeksie!!!

  • Reinhard K

    Sexy … Stunning … Stylvol … Styl kan jy NIE KOOP NIE!! Jy HET dit net!! Wie is tannie Marie Sinden? Sy MAG maar! Jy het sprokiesmooi gelyk… soos altyd!!

  • Louise Pretorius

    Wow Tanya, jy het pragtig gelyk, swart rok en al!!!

  • chris

    Stunning soos altyd!!!