Matriekafskeid

Ulandie van den Berg

My twee sussies, van wie ek die jongste is en my ma, het nog altyd gesê, eendag moet my matriekafskeidrok peppermint-groen wees, want die kleur sal my gelaatstrekke goed komplimenteer. So het ek altyd met die gedagte rongeloop. My mariekjaar breek toe aan en ek het Feb 2011 my eerste afspraak met José gehad. Almal het saam gekom, die hele gesin, want onthou dis nou kleinsus se matriekafskeid. So wil elkeen ook toe nou idees gee en saam praat, maar tussen my en hom het ek vir hom die kleur verduidelik en het hy dadelik ingestem dat dit goed by my sal pas. Saam met my idees het hy ook besluit op die styl van my rok. Omdat ek ook baie lank is het ons besluit op “pums” as my skoene en het ons dit oorgetrek met dieselfde lap as my rok. Dit het my ook baie meer gemaklik laat voel. Die aand van die matriekafskeid het ek ongelooflik elegant gevoel in my rok, gemaklik, maar ook stylvol.

 

Sien alle inskrywings

  • Retha

    Die pragtigste meisie en rok wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Die kleur van die rok is net so besonders.

  • Christoff

    Sy is pragtg!

  • Ilse Beyers

    Dit is beautifull – so stylvol en pas haar soos ‘n droom

  • Karen

    Dis regtig baie mooi!

  • Susan Bradfield

    Absoluut stylvol en elegant.

  • Marilize

    Ongelooflik mooi, Uandie die rok was so perfek vir jou!!l

  • Yolandi Yssel

    Sjoe, pragtige rok en jong dame ;-)! Die groen lyk baie mooi en komplimenteer haar gelaat defnitief!

  • Patricia van den Berg

    Jy lyk baie stylvol. Die rok pas jou soos ‘n handskoen.

  • Elmien

    Jy lyk so mooi sus, definitief ‘n wenner-rok dié!

  • Anell van Pletzen

    Ulandi lyk regtig stunning! Dit is ‘n pragtige rok!!