vanessa_full_length
Matriekafskeid

Vanessa Lene Viljoen

Die naam “Jungle Jive” sou seker gepas wees. Dit gee die indruk van ‘n glinsterende olyfgroen kolom met eksotiese rooi en silwer blomme wat kronkellend daarom rank. Ek wou graag iets skouerloos met ‘n “sweetheart” halslyn, rugveters en asimmetriese lyne gehad het. My ma het omtrent twintig ontwerp-opsies geskets en ek kon eers finaal kies nadat ons die materiaal raakgeloop het. Die samestelling van die rooi/groen/silwer kantblomme, wat uitgeknip en grootliks met die hand geappliek is, pas perfek by die ontwerp. Die olyf- en avokadogroen tafsy met rooi en silwer aksente komplementeer my vel- en haarkleur. Kristalletjies,’n titseltjie sjiffon op my bolyf, die kant en die silwer glans van die geplooide tafsy onderromp het glans en tekstuur verleen. Rooi rug-veters en soomlyn aksentueer die rooi kantblomme. Die rok het ‘n ingeboude korset wat die gewig van die rok op my heupe laat rus het sodat ek kon dans sonder vrees dat die rok afskuif. ‘n Bypassende handsakkie (geplooide groen tafsy), kristal juwele en rooi skoene rond my uitrusting af. My ma het 3 rose met die hand gemaak wat tussen die krulle agter op my kop kon pryk.

Sien alle inskrywings

  • Coleen

    Jou ma is baie oulik! Sy mag maar.

  • Theresa

    Baie mooi, appliekwerk net so mooi!