Matriekafskeid

Veronica Hart

Ek is ‘n persoon wat soms effens besluiteloos kan wees, om ‘n matriekafskeidrok te moes kies was vir my nogals ‘n uitdaging! Ek het geen idee of vereistes gehad waaraan ‘n rok moes voldoen nie en was dus oop vir enige tipe of styl rok! Gelukkig was die “soektog” na my rok toe nie so ‘n groot missie nie! Die eerste rok by die eerste winkel was toe DIE rok! ‘n Rok wat onmiddelik my aandag getrek het en ver bo alle ander rokke uitgestaan het!(Ek het net nooit gedink dat my rok half zebra- half egipties-geinspireerd sou wees met ‘n titseltjie “glits & glam” soos kraalwerk en sequins nie..nogals ‘n interessante kombinasie as jy my vra).. Die rok het ‘n unieke gemaklike snit en interessante kombinasie materiale gehad wat die keuse soveel makliker gemaak het om die rok finaal as my matriekafskeidrok te kon “kroon”. Die aand van ons matriekafskeid kon ek nie gelukkiger en meer dankbaar oor my rokkeuse gewees het nie! Hy het behoorlik ‘n “statement”gemaak en boonop als was hy die top punt van gemak…sonder enige bekommernisse oor iets wat dalk mag uitsteek of afsak nie! Beslis die beste matriekafskeid waarvoor ek kon vra!!* Veronica Hart

 

Sien alle inskrywings

  • Susan Hart

    Die rok pas Sooooo..oo by jou! Asof dit vir jou gemaak is! Nie enigeen kan dit met styl dra soos Veronica dit gedoen het nie! Sy het soos ‘n ‘celeb’ gelyk toe sy uit die Asrin Martin uitklim en op die ‘red carpet’ verskyn! Ons is trots op jou!

  • Theresa

    Baie mooi – iets anders!