Matriekafskeid

Yolandi Traut

My inspirasie vir my Matriekafskeidrok kom al `n paar jaar saam met my en dit is diè rok wat dadelk my asem weg geslaan het. In 2009 het ek Miss Universe gekyk waar Ada Aimée de la Cruz Ramirez (Miss Dominican Republic 2009) deelgeneem het en by die aanddrag afdeling “my droom matriekafskeidrok gedra het”. Met die eerste oogopslag was ek verlief op hierdie rok! Dit is `n ellegante en neutrale rok wat `n weerspieëling van my persoonlikheid is want die rok is van so aard dat dit van ver af baie eenvoudig vertoon, maar soos jy die rok van nader bekyk, sien jy al die detail wat daarop voorkom. Ilse Roux het weereens `n uitstekende produk vervaaridig en danksy haar het my droom matriekafskeidrok `n realiteit geraak.

 

Sien alle inskrywings

  • Hannelize

    WOW! Stunning!

  • Amori

    Sjoe baie mooi hoor..