matriek_afskeid_2011_115_b
Matriekafskeid

Zelda Truter

Romantisisme was ‘n kunsbeweging wat as gevolg van rebellie teen die sosiale en politieke norme van die 18de eeu ontstaan het en waar geglo is dat verbeelding belangriker is as rede. My eie ontwerp van salm-pienk skakering chiffon met vintage kant en sagte, vloeiende lyne is deur hierdie tydperk geïnspireer. Pêrels en fyn kralewerk op die delikate kant motiewe dra by tot die ouwêreldse gevoel en het soos ‘n vars briesie ‘n buitengewone glans aan die aand verleen. Dankie aan Griet de Villiers van die Paarl wat my lugkasteel in ‘n eteriese realiteit omskep het!

 

Sien alle inskrywings

  • Corette Haf

    Jou rok is net so mooi soos jy, Zelda. Ek jou kunstige inspirasie is ook sarie se inpirasie! Ook mal oor die tekstuur van die bloekom se stam agter jou…. Sterkte vir die eksamen wat nou voorle

  • Christelle

    Dit is pragtig! So vroulik, elegant, vloeiend en sag. Ek is mal oor die ontwerp – veral hoe die rok die skouers en neklyn komplimenteer en die lae hals maak dit so vroulik. Mal oor die bree satyn band in die middel – gee definisie. Die sagte salm-pienk is so gepas saam die vintage kant. Pragtig!

  • Madeleine

    Zelda, jy het sooooo mooi gelyk!! Die hele ontwerp pas by jou, sag en vroulik en baie stylvol!

  • Erika Koch

    WOW!!!!! stunning, beautifull, asemrowend!!!!! Zelda jy is ‘n wenner wat dit nog ver gaan bring. Baie geluk jy het jou ontwerp is pragtig.

  • WA Kriel

    Vars en pragtig!

  • Christine

    ‘n Lentebloeisel – dis waaraan jy my laat dink. Jonk, vars en vroulik. Hierdie elegante rok gee briljant uitdrukking aan jou kreatiewe persoonlikheid en weerspieël die aangename geur wat jy met jou totale omgee-menswees uitdra. Jy lyk pragtig!

  • Karin

    Wow, dit is hoe ‘n matriekmeisie moet lyk, so vars soos ‘n lentebriesie!!!! Luv jou ontwerp…..

  • Natie Huisamen

    Die rok is pragtig!, romanties met die vintage kant, sag en vloeiend. Die halslyn vroulik. Die kleur komplimenteer Zelda se vel -en haarkleur. Baie stylvol en baie gepas vir die geleentheid.

  • Myriam Kriel

    This is an absolutely stunning Haute Couture Dress!!
    Living in the United States I see a great collection of Prom Dressess every year as they go on sale and then as they are posted on Facebook, and I have not seen anything like this beautiful creation! Well done Zelda!

  • Zahn

    Dit is sooo mooi, Zelda! Ek stem saam met wat Erika Koch gesê het! Dit is sag en vroulik en hoort in ‘n tydskrif soos die Sarie!

  • Zelda Kriel

    PRENTJIEMOOI! Ou-wêrelds, romanties en vroulik. Die kleur en styl pas pragtig by jou persoonlikheid en is baie geskik vir die spesiale geleentheid. Ons is trots op jou. Ouma

  • Dorette

    Dis klassiek, stylvol, romanties en vars. Pragtig!

  • Eldi

    Zelda se rok is vir my uniek, want dit is ‘n perfekte kombinasie van sagte, vroulike elegansie en stylvol ‘sexy’. Sy voer my terug na ‘n sprokie wat afspeel in ‘n 18-eeuse liefdesroman ……. die prinses (op haar mooiste) wag vir haar prins…..

  • Lida Lesch

    Tydloos en sjarmant….. Jy lyk beautiful en is ‘n pragtige mens, Zelda, bly altyd wie jy is…. x

  • Marleen de Wet

    Zelda jy lyk beautiful! Jou rok is ‘n ‘original’ met persoonlikheid. Dit spreek van goeie smaak en ‘n individualiteit wat sê – DIT is ek en hiermee is ek gemaklik. Tien uit tien vir jou ontwerp!

  • Lizmarie

    Pragtig soos wat jy is Zelda! ‘n Ware weerspieeling van jouself. Sterkte met die eksamen wat voorle.

  • Elrika Lesch

    Ongelooflik mooi …….

  • Sorietha vd Westhuizen

    Jy het asemrowend gelyk!! En dit lyk defnitief romanties! Voorspoed met die eksamen!!

  • Brenda van der Vyver

    Zelda ek het geweet jy sou mooi lyk maar girly jy lyk asemrowend mooi. Dit is soooo jy!!! Kani wag om al die fotos te sien nie. Jy is waarlik n inspirasie en voorbeeld vir ander jong meisies en sommer vir my ook! Well done girl!!!Liefde

  • FLORETTE

    Zelda dit is aboluut jy – vroulik, sag en romanties – PRAGTIG.

  • Leola

    vroulik, speels & romanties. jy lyk pragtig Zelda!

  • Arno Anoniem

    pragtig! beeldskoon! ongelooflik!

  • Sandi Hamann

    Absolutely beautiful!

  • Jeannette Kriel

    Zelda, jy lyk pragtig – ‘n ware perskebloeisel.
    Ek is baie trots op my niggie.

  • Irna Louw

    Zelda, jy is sooo pragtig!! Jou rok wys vi jou! Wees net wie jy is. Liefgroete

  • Riana Lamprecht

    stunning rok, pas perfek by jou.

  • Hester Hall

    Jy lyk soos n mens op 18 jaar oud moet lyk – sag, vroulik en soos n ontluikende blom! Die kleur en ontwerp is perfek!

  • Tertia

    Sjoe! Dit is werklik ‘n besonderse rok. Jy het pragtig gelyk.

  • Henda en Jana BFF’s

    Sjoe, ek wens my rok kan eendag so pragtig wees net soos joune. Jou rok was sonder twyfel die mooiste by die modepirade. Jou rok het ons geinspireer. Dis ‘n "Cool, Awesome,stunning" rok.

  • Carla en Jana le Roux

    Zelda jy lyk asemrowend!Dit pas by jou persoonlikheid,dis baie stylvol,elegant en uniek.Hoop my rok sal ook eendag so lyk!!!

  • Arina

    Jy het asemrowend gelyk!! *

  • Gideon

    Nice sus, hou baie hiervan!

  • Annuscha

    Pragtig, Zelda! Dit is regtig n stunning rok, pas perfek by jou en is baie weerspieelend van jou persoonlikheid =)*

  • Louw Truter

    Tog te fraai… interessante paragraaf oor jou rok.

  • Yolanda Stofberg

    Wat ‘n prentjie, sag en spesiaal. ‘n Ware weergawe van Zelda, sonder fieterjasies of pretensies, sommer net mooi verby!

  • Heinrich

    :)

  • Dalene Pfaff

    ‘n Baie mooi romantiese vintage rokkie! Mal daaroor! Ook my tipe rokkie wat ek enige dag sal kies!! Die haarstyl pas ook pragtig hierby aan, alles komplimenteer mekaar pragtig!

  • PK Reyneke

    Elegant, sag op die oog, vroulik, dog verfrissend, regte tyd vir die kleur net so voor die somer in te lei!
    En die fotograaf het ‘n goeie job gedoen!!

  • Arina Duvenage

    Jy is waarlik die meisie met die mooiste rok, hoop jy wen!! Baie sterkte.. x

  • Sandra

    Eenvoudig pragtig! Jou rok is heeltemal anders as al die ander inskrywings! Jy’t ‘n vars verbeelding en ek hoop jou ontwerpe in die toekoms bring net sukses! Sterkte vir die kompetisie!

  • Lynda

    Met al die rokke wat instroom, bly hierdie een nog my gunsteling! Absoluut gepas vir geleentheid en weerspieël jeugdigheid met ‘n tikkie onskuld – ‘n tienermeisie op die drumpel van die "grootmenswêreld". Volgens die kommentaar dra die rok ook haar persoonlikheid uit. Die juwele, skoene, hare en grimering komplementeer die rok uitstekend en ek kan net dink hoe mooi die fyn pêrels en kralewerk in die aand vertoon het. ‘n Volmaakte, onopgesmukte prentjie – my algehele wenner!

  • suzanne Rabe

    Zelda dis hartseer mooi, maar laat my met soveel heimwee terug dink aan my jongwees jare. Ek hou veral daarvan dat dit kuis is en wys net dis nie nodig om uitspattig te wees om mooi te lyk nie. Kan ek asb een van jou kontakte op jou pienk blackberry wees en hou my asb volgende jaar op hoogte van jou rooskleurige loopbaan as geseende matie!!

  • Karlie

    WOW!!!!!! awh dis regtig baie baie mooi! love jou idee van die rok en waarvan daan dit kom*

  • Karin

    Een van my 10 gunsteling rokke

  • Beulah-Marie

    Dis een van my gunstelinge! Ek gaan dit beslis gebruik as inspirasie….

  • Willem Adriaan

    Sjoe, kleinniggie – dis pragtig! Stylvol en elegant. Voorwaar "toonaangewend" – volgende jaar gaan baie meisies die styl aanneem. En die fotograaf het hom besonder goed van sy taak gekwyt…