jsf_3692
Matriekafskeid

Zelmarie Fourie

My droom matriekafskeidrok is geïnspireer deur die oudtydse vintage-styl rokke. Die oop rug is meer modern, met die opryg van die sagte materiaal reg onder my laerug. Die ligte kleure is gepas met my blas vel. Die snit van die rok komplimenteer my lyf, veral hoe die rok agter ontwerp is. Ek het al baie rokke gaan pas en beloer, maar geen ander rok kompeteer met die rok wat deur Wilma du Plessis ontwerp en gemaak is nie. Sy het al baie rokke gemaak vir bekende modelkompetisies, en al haar rokke het ‘n unieke ‘touch’ wat niemand anders as sy kan bemeester nie. ‘n Mens kan duisende boeke en tydskrifte deurblaai opsoek na ‘n idee vir jou droomrok, maar geen ontwerp kon my naastenby soveel inspireer soos tannie Wilma s’n nie. Die uiteinde van my finale passing was verstommend. Die gevoel van ‘n pragstuk om jou lyf is onbeskryflik. Dit is moeilik om iets te kry wat perfek pas, maar toe ek dit vind het ek sommer dadelik geweet… Ek het gevoel soos toe ek ‘n klein dogtertjie was, wat vir die eerste keer haar eie hakskoentjies aangetrek het. Ek wou dit nooit-ooit weer uittrek nie!

 

Sien alle inskrywings

  • Nicole

    hi x mal oor ju rok>>>my afskeid is binne kort en ek wil graag so n’ tiepe rok he>>ek wil nt vra kan j asb vir my jou volle voorkant van di rok email