dsc_0060
Matriekafskeid

Zinea Huston

Toe die tyd vir aanbreek om ‘n rok te koop het ek nog niks in gedagte gehad nie en die groot verskeidenheid keuses het nie juis gehelp nie. Omdat ek eintlik meer van eenvoudige klere hou wou ek nie ‘n rok met te veel detail gehad het nie. Ek het soveel verskillende rokke in soveel verskillende winkels aangepas dat ek op die punt was om moed te verloor en sommer in my skoolklere matriekafskeid toe te gaan toe ek hierdie rok sien en geweet het skoolklere gaan toe nie nodig wees nie. Ek was dadelik mal oor die kleur en diamant detail bo. Die materiaal van die rok is eintlik bitter eenvoudig, maar die rok is so gemaak dat dit die styl van die rok beklemtoon.

 

Sien alle inskrywings