Elicia Grobbelaar

Van: Noord-Kaap

Skool: Hoerskool Diamantveld

Ek het my inspirasie gekry by Selena Gomez. Sy dra gewoonlik rokke wat kort voor is en lank agter. Ek hou van rokke wat uniek lyk. Ek het 'n rok gesoek wat my bene en persoonlikheid sal wys en waarmee ek sal uitstaan tussen die ander. EK het van die begin af blou gekies vir my rok, omdat dit my gunstelik kleur is. Die blomme wat aan my rok vasgewerk is, het ek gesien in ‘n material plek en sommer dadelik geweet ek wil dit deel van my rok maak. Ek is mal oor shafon, omdat dit sag is en as jy loop lyk dit of die rok beweeg en lewe het. Ek was baie gelukkig om die kleur shafon te kry, want dit komplimenteer my rok en pas by al die kleure. Die silver material in die binnekant van die rok het by my skoene gepas en my laat dink aan die sterre in die hemel wat skitter in die aand. Ek was bly om te sien dat al hierdie verskillende kleure en materiale by mekaar pas en die rok saam bring.

 

Sien alle inskrywings

Galery

  • img_e_a0046.jpg
  • img_e_a0011.jpg

Kommentaar