318488_267080046664971_253975961308713_824892_1171186705_n
Mode

MC_Clothing nuut in die Kaap

Die mode-handelsmerk MC__Clothing het vroeg vanjaar begin toe ontwerper Colleen Lesch teruggekom het van Londen en by mede-ontwerper Mareth van der Walt in Kaapstad aangesluit het. Die idee? Om pragtige dog bekostigbare klere plaaslik beskikbaar te stel.

Bedags hou Mareth hou haar lyf mode-assistent, en en Colleen, wat voltyds ontwerp, het pas ‘n vakleerlingskap by Alexander McQueen Studios in Londen voltooi. Wat styl betref het die twee elk hul eie aanslag. Colleen is lief vir swart leer, skedels, Doc Martens en oogomlyner en Mareth hou van sagte leer, maasstof en balletstyl-inglipskoene.

Die reeks is nou beskikbaar by Love Lee in Kloofstraat. Kontak Mareth (083 565 5505) of Colleen (073 226 6815) vir inligting. Op Facebook kry jy hulle by www.facebook.com/pages/MC_-_-Clothing/253975961308713

  • Jeanne

    Stunning, lekker om bietjie nuwe idees te sien en te kan bekostig daarby!!