Modestories

1 bekende, 6 uitrustings!

Gisteraand was die jaarlikse American Musica Awards (AMA’s). ’n Paar uitrustings het uitgestaan in die see van bekendes wat hul beste stylvoet wou voorsit.

Model Gigi Hadid het 6 keer van uitrusting verander. Sy het die aand op die rooi tapyt afgeskop met ’n deursigtige en skouerlose wit kantrok. Dit was beslis een van ons gunstelinge.

Kyk in die galery hier onder na Gigi se ander uitrustings.

Nog ’n wit uitrusting, Lady Gaga se broekpak, was een van ons gunstelinge. Ons is so bly die dae dat sy op die rooi tapyt net wou skok, is verby.

Selena Gomez se klassieke rooi rok het ook ons asem weggeslaan.

Sanger-aktrise Teyana Taylor het sensasioneel gelyk in ’n deursigtige en skouerlose swart rok.

Hailee Steinfeld skitter in ’n smaraggroen kortbroek met ’n draperende top. Ons is ook gaande oor haar wynrooi lipkleur saam met haar uitrusting.

Kyk hier na Gigi se ander uitrustings:

|

Gigi Hadid in 'n eenskouer-rok

|

'n Wenner-uitrusting vir Gigi - 'n kortbroek met versierde baadjie

|

Gigi bekoor in 'n swart rok

|

Noupassende beige rok van krokodilstyl stof en met uitsnydetail laat Gigi sensasioneel lyk

|

Nie ons gunsteling nie, maar nietemin Gigi se 6de uitrusting - 'n glinsterende eenstuk