FOTO Instagram / @michaelkors

FOTO Instagram / @michaelkors

Modestories

1 horlosie – vele gesigte

Tegnologie verander byna vinniger as wat jy jou oog kan knip. Omtrent elke dag is daar ’n nuwe ontdekking. Die modespan het op dié horlosies afgekom en is absoluut verlief daarop!

Tag Heuer en Michael Kors het slimhorlosies (smartwatches) uitgebring met skerms wat kan verander. Nee, jy moenie die skerm afhaal nie – dit is als digitaal!

Waarskuwing: Jy gaan dalk dié twee horlosies vir Kersfees wil hê  … maar ons neem jou nie kwalik nie.

Tag Heuer

Dié besondere sjiek horlosie is beslis hoog op baie mans se moet-hê-lys! Die goeie nuus is dat dit wel al in Suid-Afrika beskikbaar is.

Vir meer inligting hieroor, kyk die video:

 

Michael Kors

Hierdie horlosie verander nie net sy skerm se voorkoms nie, maar is ook baie stylvol.

Kyk die video en jy sal verstaan hoekom ons dié meneer as ’n Kersgeskenk wil hê, maar ongelukkig is dit nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Ons het wel ’n voëltjie hoor fluit dat dit in 2017 plaaslik te kry sal wees.

Vir meer inligting oor die horlosie (smartwatch), kyk die video:

Watter een sal jy graag wil hê?