FOTO: Instagram @rachelzoe

FOTO: Instagram @rachelzoe

Modestories

10 maniere om te weet jy het styl

Sommige van ons is gebore met styl en ander ontwikkel dit oor die jare.

Dis ’n kuns om ’n stylvolle uitrusting bymekaar te sit en nie almal het die oog daarvoor nie. MAAR, niemand is te oud om styl aan te leer nie – veral met sosiale media tot byna almal se beskikking.

Die modespan het ’n paar punte vir jou bymekaar gesit om jou in te lig hoe gevorderd jou styl is.

A photo posted by Phil Oh (@mrstreetpeeper) on

Tik hier die punte af om te weet of jy styl het

#1 Jy ontvang weekliks komplimente vir jou uitrustings.

#2 Jy voel nooit dat jou uitrustings nie gepas is vir die geleentheid nie.

#3 Jou vriendinne vra jou gereeld waar jy jou klere koop en koop dieselfde item.

#4 Jy besit die móét-hê-items vir elke seisoen, bv. een met kunspels, ’n bomber jacket, ensovoorts.

#5 Jy moet gereeld vir jou familie of vriendinne raad gee, stileer of saam gaan shop vir uitrustings.

#6 Jy word gereeld gestop deur iemand wat wil weet waar jy die item gekoop het.

#7 Mense volg jou op Instagram vir inspirasie.

#8 Al het jy “niks” om te dra nie, kry jy dit reg om ’n stylvolle uitrusting bymekaar te sit.

#9 Jy is nie skaam oor jou uitrustings van maande of jare gelede nie.

#10 Vriende en familie dink dit is onmoontlik om vir jou iets te koop, want jy het ’n “unieke” styl – m.a.w jy dra nie enigiets nie.

By hoeveel van dié punte kon jy ’n regmerkie maak?

 

Bron: TOWN&COUNTRY