FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Modestories

Soos blits! 10 mode-truuks wat wérk

Styl kan moeiteloos wees, mits jy die regte truuks ken! Die internet is vol slimmighede, en hier is 10 wat ons weet wérk.


Clothes-Icons-Vector#1 Stryk jou knopieshemp aan die binnekant

Dis ’n ou truuk, maar bly nuttig. Draai die hemp om en stryk aan die binnekant oor die knopies, dan gaan dit lekker vinnig.

 

free-female-clothing-vector-icons#2 Stryk jou kraag met jou haaryster

’n Haaryster (straightener) is baie nuttig as jy jou kraag of iets kleins wil “stryk”. Moet net nie jou kraag probeer stryk terwyl jy die item aanhet nie!

Gebruik eerder stoom as dit ’n item van 100% katoen of viskose is, want ’n haaryster kan strepe los op dié materiale.

redwine#3 Rooiwyn-ongeluk!

Gooi witwyn op ’n rooiwynvlek as jy nie ander skoonmaakmiddels byderhand het nie.

Lees HIER om ander kosvlekke uit jou klere te kry

Clothes-Icons-Vector#4 Ja, jy dra dit regtig nooit nie

Haak jou hangers alles in een rigting en sodra jy klere aangehad het en weer ophang, haak die hanger na die ander kant toe. Teen die einde van ’n seisoen kan jy die klere weggee wat jy nie gedra het nie.

Clothes-Icons-Vector#5 Papnat-handwas

Jou klere papnat nadat jy dit met die hand gewas het? Maak dit droog in ’n slaaiblaar-droër (salad spinner).

 

free-female-clothing-vector-icons#6 Klere met ’n klankie

Spuit dit met ’n mengsel van vodka en water in verhouding 1:2.

 

free-female-clothing-vector-icons#7 Knyp nuwe skoene?

Trek die skoene aan met dik sokkies, blaas die skoene met ’n haardroër warm, verduur die pyn (vir ’n rukkie). Die volgende keer dat jy dit aantrek, sal dit gemakliker sit.

Clothes-Icons-Vector#8 Vou die perfekte mou

Hou die boonste knopie van jou mou toe wanneer jy dit omrol, dan behou dit die vorm mooi.

 

free-female-clothing-vector-icons#9 Twee vingers onder die band

As daar twee vingers onder die band van jou bra kan inpas, is dit nie te klein nie.

 

free-female-clothing-vector-icons#10 Iets kleins verloor?

Trek ’n sykous oor die voorpunt van jou stofsuier en suig op waar jy dink dit geval het. Dit sal aan die sykous vassit. Slim, nè!?

Bykomende bronne: PopsugarWho What Wear

Lees ons nuusbrief HIER