FOTO: Instagram @johnydarcreations

FOTO: Instagram @johnydarcreations

Modestories

100 bekendes se jeans help vlugtelinge

Wie sê mode kan nie ’n verskil in mense se lewe maak nie? Beslis nie Johny Dar en 100 bekendes nie!

Dié ontwerper het verlede week die gehoor by die Mercedes-Benz-modeweek in Berlyn se asem weggeslaan met sy besonderse denims, waardeur geld vir vlugtelinge wêreldwyd ingesamel gaan word.

Die naam van dié projek deur Dar is Jeans for Refugees. Altesame 100 bekendes het hul jeans geskenk en hy het elkeen in ’n unieke kunswerk omskep. Dié skeppings sal van 25 – 31 Julie in die Saatchi-kunsgalery in Londen uitgestal word, waarna dit individueel opgeveil sal word. Die geld sal geskenk word aan IRC (International Rescue Committee), wat vlugtelinge wêreldwyd help.

Só lyk die jeans van Emma Watson, Eva Longoria en Alicia Vikander wat by die Berlynse Modeweek te sien was:

Nog bekendes wat hul jeans geskenk het, is onder andere Pink, Cara Delevingne, Daniel Radcliffe, Harry Styles, Sharon Osbourne, Ozzy Osbourne,  Alicia Vikander, Anna Wintour, Bryan Adams, Elton John, Emma Watson, Karlie Kloss, Kate Moss, Ryan Gosling, Victoria Beckham, Vivienne Westwood. Ook ons eie Candice Swanepoel het bygedra!

 

A video posted by Johny Dar (@johnydarcreations) on

Vir dié van ons wat nie vir Johny ken nie, hier volg ’n kort opsomming:

A photo posted by Johny Dar (@johnydarcreations) on

Johny Dar is in 1978 in Ohio gebore. Hy het in 1997 modeontwerp begin studeer en sy eerste handelsmerk, Johny Wonder, in 1999 bekend gestel. In 2002 het hy ’n breek gevat van die modebedryf om te gaan toer. In 2012 het hy Dar the Book uitgegee, die eerste in ’n reeks van ses met artistieke interpretasies van die menslike liggaam, die aarde en die heelal. Sy reeks Dare to be Johny Dar het in 2014 op die modeplanke van die Berlynse Modeweek gevolg en wêreldwyd groot lof gekry. Hy het ook al ’n musiekvideo, “I’m Grey”, die lig laat sien, en selfs sy lyfkuns ingespan vir ’n liggaamsbewustheid-veldtog, Love your Body, in samewerking met die Duitse vrouetydskrif Brigitte. Johny Dar is nie net ’n man van vele talente nie, maar het ook ’n goeie hart!

Om te dink jeans kan ’n vlugteling se lewe verander maak ons modeliefhebbers se harte bly!

Vir meer inligting oor die veiling, besoek die webtuiste.