sr1110_sseksie
Modestories

2011 se top-10 matriekrok-finaliste!

Meer as 700 inskrywings, ‘n SARIE-paneel van 14 redaksielede, en uiteindelik net 1 wenner!

Julle het ons asems weggeslaan! Soveel unieke rokke wat ons op verskillende maniere geïnspireer het! Dit was ‘n moeilike taak, maar dié 10 rokke (in geen spesifieke volgorde) het ons totaal oorrompel:

Lizanne Pelser

Lizanne Pelser

Tamryn van Wyk

Tamryn van Wyk

Courtney Taljaard

Courtney Taljaard

Helène Herholdt

Helène Herholdt

Adele Munnik

Adele Munnik

Nerine Gouws

Nerine Gouws

Eliz-Marie Hugo

Eliz-Marie Hugo

Anéne van der Merwe

Anéne van der Merwe

Jana le Grange

Jana le Grange

Anel van Zyl

Anel van Zyl

* Die wenner sal in die Februarie 2012-uitgawe van SARIE bekendgestel word (vanaf 16 Januarie 2012 op die rak).

  • Leandra Thiem

    MMmmmmm…

  • Linda Coertze

    WOW hulle is almal baie pragtig maar ons weet almal daar kan net een wenner wees! Tussen hierdie 10 sal ek Adele Munnik en dan Helene Herholdt kies!!!

  • Ankia Wetsch

    @Linda. Ek stem. Dit lyk kompleet asof die twee op die rooi mat in hollywood hoort, maar ek moet sê al hierdie dames het pragtig gelyk. Wel gedaan girls. Ons is trots op julle!!

  • Rebecca

    Tamryn van Wyk

  • Anoniem

    Baie geluk aan die 10 meisies, maar nee regtig. Daar was baie mooier rokke gewees as hierdie 10. Waarna kyk die beoordeelaars as hulle finaliste kies?

  • Leoni Swart

    DIT IS PRAGTIG MY WENNER IS ELIZ-MARIE HUGO SE ROK. DIE ROK IS BAIE BESONDERS, EN ELEGANT.

  • Amanda

    Hmmm, daar is ‘n paar wat ek nie so oorweeg het as finaliste nie, maar geluk aan al die meisies. Ek het my 3 gunstelinge maklik gekies

  • Helene Rust

    Ag hoekom was daar nie sulke kompetisies toe my 3 meisies in matriek was nie – hulle sou al drie gewen het!

  • Lezel Victor

    Ek stem vir Eliz-Marie Hugo.

  • Mariette van Deventer

    Almal het verskriklik mooi gelyk, maar Adele Munnik staan uit bo almal!

  • Annoniem

    Ek is so bly smaak verskil, want nie een van die rokke was vir my uitermatig mooi nie. Nie een het my oog gevang nie.

  • Karin Swanepoel

    Moet se vir my is Adele Munnik se rok sekerlik die een wat net WOW is. Ek hou ook van die andersheid van Tamryn en Eliz-Marie se rokke. Bly om te sien Nerine Gouws van Helpmekaar is onder die top 10!

  • Veronica Wessels

    Anene Van Der Merwe: Vrolik en Jonk, Nerine Gouws: Pragtig, Helene Heroldt: Stylvol, ook my nr: 1

  • Antoinette Maree

    ek stem saam met Linda Coertze tussin
    die tien sal ek ook Adele Munnik (eerste keuse) en Helene Herholdt (tweede keuse) kies. Daar is een finalis wat nie ‘n vollyf foto ingestuur het nie, ‘n mens kan eerlik waar nie weet hoe die rok lyk nie en daarom nie dit beoordeel nie.

  • Liezl

    LOVE Tamryn se rok!! :-)

  • Michelle Martin

    Ek stem beslis vir Eliz-Marie Hugo. Jy lyk STUNNING meisie!!!

  • Hilda Acker

    Mamma is baie trots om jou as my dogter te he Eliz-Marie Hugo.

  • Maryke Zeelie

    @ Eliz-Marie Hugo, jou rok is stunning

  • Francois Slabber

    Pragtige rok

  • Hyper Doors

    Die hele Hyper Doors stem vir Eliz-Marie Hugo

  • pieter

    Eliz-Marie Hugo se vol lengte rok gaan kyk, vreeslik elegant en stylvol. Die kleur net so treffend

  • Tharina Martin

    Tannie dink jou rok is baie oorspronklik Eliz-Marie Hugo

  • Shaun Martin

    Jou rok is bitter mooi Eliz-Marie Hugo

  • Anoniem

    Daar’s wraggies nie een wow rok wat uitstaan bo die res nie.
    Ek wonder maar net wat die kriteria was …..

  • Herma Koch

    Lizanne Pelser staan uit as die mees elegante en vroulike finalis. Die kleur van haar rok komplimenteer haar velkleur 100% en sy straal selfvertroue uit, want sy weet sy lyk fantasties!!

  • Carina van de Venter

    Almal lyk baie mooi maar ek Lizanne Pelser was so mooi soos n porselein pop. Lizanne ek wens vir die een. Baie sterkte.

  • Jolanda Bernard

    Adele Munnik

  • Petra Roux

    Daar is beslis net een wenner, Eliz-Marie Hugo!

  • Pieter

    daar was mooier rokke gewees=)

  • Susan Deetlefs

    Hulle is almal so pragtig – mens kannie regtig kies nie!

    Ek Stem vir Anéne van der Merwe en Jana le Grange

  • Karin

    Nie een van my top 10 is hier nie. Maar my gunstelinge Eliz-Marie Hugo en Anéne van der Merwe

  • monica
  • Jenilee

    Jana le Grange se rok is tydloos – iets wat jy nie sommer by ‘n matriekafskeid sal sien nie!

  • Lettie

    Ek hou van Eliz-Marie Hugo se rok. Dit pas by haar jeugdigheid en is hoog in die mode met die nekstuk.

  • Hannelize

    Eliz-Marie; dink steeds jy het PRAGTIG gelyk!

  • Lititia

    Ek wonder hoe word die beoordeling genoem, want regtig dis darem maar nie die mooiste van mooistes nie. Ek is jammer vir die wat uitgeval het en dit werklik verdien het om hier te wees. En dis geen suur druiwe nie, want ek het nie enige kinders hier betrokke nie.

  • Rina Rossouw

    Almal pragtig, maar as ek een moes kies, sal dit Eliz-Marie Hugo wees.

  • Annerie

    Sjoe, die rokke is mooi maar nie een is indrukwekkend nie. Wat van al die ander mooi rokke, is daar ooit na hulle gekyk. Ja gelukkig verskil smaak!!!!!!!

  • Christelle Huisamen

    Ek stem vir Eliz-Mari Hugo! Haar rokkleur en ontwerp met stunning nekstuk is WOW!! Haar jeugdigheid en sprankel is aansteeklik en komplementeer mekaar!!!

  • Karina

    Ek hou van Anene se rok, omdat dit heeltemal anders is. ‘n Vars voorkoms vir ‘n jongdame.

  • marie rheeder

    Al die matriekafskeid rokke is die beste en mag elke dogter soos n mijoen dollar gevoel het, elkeen uniek.

  • ORPA BEKKER

    Ag, nee wat! Dit is ‘n klug! Die smaakvolste en mooiste rokke het nie die paal gehaal nie!

  • Aneli

    Wow, baie geluk Anéne! Dit is voorwaar ‘n groot voorreg. Jy wou graag jonk, vrolik en spesiaal lyk. Dit was jy gewis. Net so kleurryk en mooi soos jou rok, so mooi en kleurryk is jy as mens.

  • Renetta Kriel

    Anene van der Merwe se rok is waarlik pragtig! Vars en fleurig vir ‘n jong meisie en die kleur is werklik besonders!!

  • Teleurgesteld

    Ek stem saam, hier en daar is ‘n mooi rok maar nie een staan regtig vir my uit nie. As ek kyk na al die inskrywings wat daar was, moet ek se daar is baie mooier rokke wat agterblewe gebly het. Ek sal graag wil weet hoe die beoordeling en kriteria gedoen was. Aan al die ander meisies wat niedie top 10 gehaal het nie, julle het almal pragtig en stunning gelyk!!!!

  • Sandra Janse van Rensburg

    Beslis Anéne van der Merwe! Jonk en stylvol! Pragtig!

  • Anton van Zyl

    Anene van der Merwe jou rok lyk stunning!!!

  • Anneke

    Anene vd Merwe se rok staan baie uit en lyk vars en meisie mooi!!!!! Sterkte ANene!!!!

  • Alida Els

    Anene van der Merwe,sy lyk jonk en pragtig in haar rok!

  • Ronel van Zyl

    Anene se rok staan beslis vir my uit as die vrolikste en gepas vir ‘n matriek dogter!! Dit is vars, vroulik, stylvol en die kleur is pragtig. Sy lyk gemaklik in die rok!!

  • Alma Liebenberg

    Die mooiste stylvolste rok van die tien is beslis Anene van der Merwe se pragtige rok!!!!

  • Elize Groenewald

    ADELE Munnik het n mooi rok gehad… maar die res … o wee…. wie was die beoordeellaars???? hulle smaak laat veel te wense oor… die laaste foto die rok lyk mooi.. maar is dit nodig om alles te wys…. daar word niks vir die verbeelding oorgelos nie.

  • Joe

    Ongelukkig staan nie een van die klompie se rokke vir my uit nie. Die wow faktor is nie daar nie, jammer.

  • Stephanie Townsend

    Ek stem vir Eliz-Marie Hugo. Sy het iets anders gebring as die gewone aandrokke.

  • Ronel van Zyl

    Nerine Gouws jy lyk stunning!!
    Kan glo daar was baie mooier en unieke rokke wat nie die top 10 gehaal het nie.

  • Elmarie

    Wat ‘n pluimpie! 3 uit die top 10 finaliste is van Hoerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad! Baie geluk Courtney, Helene en Anel! Jannies leerlinge het definitief styl! Sterkte aan die beoordelaars – dit moet ‘n baie moeilike taak wees om ‘n wenner uit hierdie 10 te kies. Aan die "tannie suurdruiwes" wat hierbo die geleentheid vir hul kommentaar so misbruik het: klim eerder van jul seepkissies af en berus eerder by die besluite van die mense wat daagliks hiermee werk. Dis net ‘n pret kompetisie! Alle sterkte aan almal.

  • Corrie Swart

    Ek was ongelukkig te laat om my dogter in te skryf (ek dink natuurlik sy sou gewen het!) maar ek moet se, Adele Munnik lyk fantasties, die kleur en snit komplementeer haar en is geheel en al in die kol!

  • Coleen

    Ek weet darrem nie. Meskien moet die beoordelaars so bietjie meer verduidelik waarvoor hulle punte gee. Hierdie rokke is mooi, maar ek stem beslis dat daar darrem n hele paar ander rokke is wat regtig besonders is. Ek kry die indruk dat die beoordelaars van eenvoud hou. Ek dink matriek afskeid gaan oor daardie uitsonderlike rok wat jy nie na n gewone dans toe sou dra nie.

  • Isabeau

    Tamryn se rok is definitief die mooiste en mees gepas vir matriek leerlinge. Dit laat haar regtig sag en mooi lyk. My 2de keuse is Eliz-Marie. Die rok is anders ….. My 3de keuse val dan op Anéne. … vars en jonk.

  • Cindy-Leigh

    Adele Munnik, jy het loshande die mooiste gelyk!!!!

  • AGGENEE

    My vakansie begin en ek het tyd om al die inskrywings te bestudeer as objektiewe waarnemer (sonder ‘n matriekdogter) en fanatiese mode-liefhebber. Ek besef toe eers julle tien finaliste is klaar gekies en sowaar NIE EEN VAN MY TIEN GUNSTELINGE NIE!! ‘n Matriekafskeidsrok moet die WOW-faktor hê (klassiek, stylvol, sonder oordadigheid, maar moet darem nie by enige kettingwinkel beskikbaar wees nie…), al die bykomstighede moet die rok komplimenteer (nie skoene wat bv. te "swaar" is nie – ‘n onmiddellike diskwalifikasie, al is die rok ook hoe mooi), moet pas by die figuur ( ‘n rok wat nie genoeg ondersteuning bied nie en dus nie figuur vlei nie, behoort nie die paal te haal nie ) en moet ‘n jeugdige, vars voorkoms uitdra van ‘n ontluikende tienermeisie. Kan ene "Karin" asb. volgende jaar op julle beoordelings-paneel wees – haar kommentaar, by baie van die rokke wat ook my keuse was, spreek van briljante smaak en uitstekende oordeel.

  • Annamarie

    Baie geluk aan die 10 finaliste maar ek het die hele reeks dopgehou en ek weet nie hoe dit beoordeel word nie, maar na my mening was daar baie mooier rokke wat wow gelyk het met bykomistighede wat die rokke komplimenteer.

  • elizabeth terblanche

    die wenner is pragtig, maar daar was mooier en meer smaakvolle rokke as van die ander finaliste s’n! Hoe is hierdie wenners gekies?

  • Lynn

    Die wen rok is meer gepas vir jong dames meer in hulle twintigs. Matriek afskeid rok moet jonk wees en speels, en by jou persoonlikheid pas. En hier is Eliz-Marie Hugo beslis DIE WENNER!!!!!

  • Shoana van den bergh

    Al die meiseis lyk pragtig op hul eie unieke manier…..ek hou nie van oordaad by jong meisies nie…dis nie `n troue nie…
    Adele Munnik se foto lyk soos `n verfrssende lentereen in daardie mooi groen…..soos `n tienermeisie.moet lyk.`…nog nie volwasse wysheid en ondervinding nie….maar in die ontwakingsproses

    Eliz Marie Hugo SE ROK KAN EK NIE HEELTEMAL SIEN NIE, maar dit lyk eenvoudig(nie oordoen), jonk en kunstig en speels…
    Nerine Gouws lyk ook soos fyn porselein….`n Feë Pinses in die turqoise en los krullehare

    ek het ongelukkig nie al die rokke gesien nie.

  • Anoniem

    Almal het pragtig gelyk, maar as ek ‘n beoordeelaar was dan sou ek nie 1 van die girls gekies het nie. Ek is seker daar was baie ander wie se rokke mooier as hulle s’n gelyk het

  • Jeani

    Helene is ‘n ware wenner, baie geluk!! Sy het baie mooi gelyk. Jeani en fam

  • Anoniem

    Is jul seker julle het na AL die fotos gekyk? Kan nie glo, van die rokke baie mooi maar daar was definitief mooier rokke as die wat jul gekies het.

  • Chrisca

    So jammer die kompetisie is verby. Sou graag my dogter ook wou inskryf. Haar matriekafskeid was 11 Okt 2012.