FOTO Instagram @gigihadid

FOTO Instagram @gigihadid

Modestories

Gedink jy ken elke modegeheim?

Dis reeds Julie, maar dit beteken nie 2016 het nie nog ’n paar modegeheime en -wenke vir jou nie. 

Probeer hierdie en verander vinnig in ’n fashionista!

Maak seker dié 5 “geheime” is bo-aan jou modelysie

#1 Steek jou hare in jou polonek

Bad hair day? Steek jou hare in jou polonek en skep ’n heel ander voorkoms. Dis nou hoogmode om dit só te dra.

 

#2 Speel met tekstuur

Suède, leer, breistof, kant … Speel met tekstuur en kikker jou uitrusting in ’n japtrap op.

 

#3 Staatmaker-T-hemp

Dra ’n T-hemp onder ’n aanglip-rok, bralette of kort top. Kendall Jenner hou veral van dié voorkoms. As jy voel dit is te koud vir ’n T-hemp, dra ’n trui onder jou aanglip-rok.

A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on

A photo posted by H&M (@hm) on

 

#4 Serp-belt

Hoekom nie? Natuurlik kan jy jou serp as ’n belt gebruik!

 

#5 Jas-oor-jas of baadjie-oor-baadjie of ’n kombinasie

Moenie bang wees om jou baadjies of jasse in lae te dra nie – veral op koue winterdae.

 

Lees nou

4 wenke: Kikker só jou WhatsApp-chemie op!

13 stylvolle jasse vir winter

Nicole Kidman se ewebeeld