FOTO Instagram / @styledumonde

Modestories

Mode-voornemens waarby jy kán hou

Dis menslik om Nuwejaarsvoornemens te maak, maar ai, gewoonlik hou dit skaars ’n maand of selfs nie eens ’n week nie.

Hier is vyf mode-voornemens waarby jy beslis vanjaar kan hou.

#1 Moenie bang wees vir kleur nie

Ja, klassieke kleure soos swart, wit, vlootblou en bruin is staatmakers in jou klerekas. Maar speel met kleur, waag ’n bietjie en maak van 2017 ’n kleurryke jaar!

 

#2 Pas jou duur mode-items op

Dit spreek vanself, maar tog gebeur dit alte dikwels dat ons per ongeluk op daardie ontwerpersonbril gaan sit of ons fyn bloes haak. Pas sommer ál jou klere mooi op. Was en versorg dit behoorlik, moenie dit oorhaastig stryk nie, hang of vou dit netjies op – só gaan jou klere baie langer hou en het jy meer om mee te werk vir jou uitrustings.

 

#3 Wees kreatief en steel met jou oë

Speel met teksture en patrone en wees meer avontuurlustig. Kyk wat ander modebewustes dra en maak die styl jou eie.

 

#4 Vermy onnodige kopies

As jy oorgenoeg baadjies het, moenie nóg een koop nie. Belê eerder in iets wat jy werklik nodig het.

 

#5 Wees die mees modieuse persoon in die vertrek

Styl het geen prysetiket nie!

 

Mag 2017 jou stylvolste jaar ooit wees!