FOTO Instagram @nicolerichie

FOTO Instagram @nicolerichie

Modestories

3 styl-wenke vir kort vroue

Duimpie se maat? Moenie huil nie – lyk sentimeters “langer” met die modespan se 3 beste wenke wat boonop 3 nuwe tendense is! 

#1 Rompe of rokke met splete

Om selfs net ’n bietjie been te wys kan jou werklik laat langer laat.

Lady Gaga (1,55 m) wys been 

 

Nicole Richie (1,55 m) wys been 

A photo posted by @nicolerichie on

 

#2 Uitklok-jeans

Indien jy uitklok-jeans dra, maak seker jou tone steek uit en dra dit verkieslik met hakskoene. Indien die jeans op die grond sleep, is dit nie reg vir jou nie. Jou tone of voete móét wys, want dit skep die illusie dat jy langer is.

#3 Lang jasse

’n Langer jas flous die mense rondom jou, aangesien jy langer voorkom. Maak net seker die jas pas jou perfek.

Natalie Portman (1,6 m) in ’n moulose lang jas

Onthou: Jy’s perfek soos jy is. Maar vier jou uniekheid met jou eie styl en mode-gier.