Instagram Kate Middleton @kensingtonroyals
Modestories

Stylvol in 4 stappe

Voel jy asof jy nie styl het nie? Volg dié 4 stappe en ontwikkel die styl-ikoon in jou. 

Om ’n uitrusting bymekaar te sit, is ’n kuns. Party van ons is nie gebore met ’n oog vir mode nie, maar gelukkig kan jy ’n persoonlike styl aanleer! Olivia Palermo is een van ons gunsteling-stylikone – volg haar gerus op Instagram vir stylinspirasie!

Volg die volgende stappe en jy sal ook aandag trek – op ’n goeie manier.

Thanks for picking me up @johanneshuebl and keeping me warm @peuterey #accidentialmatchup #butwarm

A photo posted by Olivia Palermo (@oliviapalermo) on

 

Stap 1: Wees op die uitkyk

Kyk hoe ander mense hul uitrustings stileer en watter items hulle saam dra. Let veral op die bykomstighede, kleur- en patroonkombinasies.

Wenk: Gaan sit by ’n koffiewinkel en kyk hoe mense aantrek. Gebruik ook die kuberruim en loer na modeblogs, webtuistes en sosialemedia-platforms soos Instagram en Pinterest.

Baie modeliefhebbers kry nie verniet hul styl-inspirasie van die strate af nie!

Stap 2 : Boots verskillende style na      

Probeer om uitrustings wat jou inspireer na te boots. Jy sal gou agterkom watter uitrusting by jou persoonlike styl en figuur pas.

Stap 3: Wees gewaagd

Beweeg uit jou gemaksone en probeer iets nuut. Stileer uitrustings of items wat jy nooit sou saamdra nie.

Wenk: Gaan klerewinkels toe en pas ’n klomp items aan. Stileer items saam wat jy nie gewoonlik sal dra nie. Jy sal verbaas wees hoe goed dit dikwels lyk!

 

Stap 4: Gebruik jou gunsteling-items

Almal het ’n gunsteling-item of twee in hul klerekase. Gebruik dít as die basis van jou nuwe styl, omdat jy reeds weet jy lyk mooi daarin. Hou dié items en skenk die res om plek te maak vir jou nuwe styl.

2016 is reeds halfpad, maar dit is nooit te laat jou styl te ontwikkel nie. Maak hierdie winter jou stylvolste seisoen nóg!

Lees nou

Top-10 Matriekafskeidrok 2015-finaliste

5 style: moets en moenies

Bykomstigheid onder R10 wat bekendes dra