Modestories

5 dae, 5 uitrustings – jou styl-inspirasie vir die week

Daar is niks so mooi soos ’n stylvolle vrou nie! Die SARIE-modespan stileer vir jou die beste uitrustings vir elke dag van die week.

Blou Maandag

Skakerings van blou is baie gepas vir ’n Maandag, of dit nou ’n blou Maandag is of nie! Boonop is vlootblou ’n tendens vir 2016.

Die uitrusting word opgekikker met ’n kleurryke serp, een van die moet-hê’s vir 2016.

Wat jy beslis in jou kas moet hê: ’n Culotte (broekrok)

Blou Maandag

 

Kuns-Dinsdag

Jou uitrusting kan ook ’n kunswerk wees. En hierdie uitrusting is die gewaagste een van die week. Dis beslis iets wat almal moet probeer. Dis die maklikste om met strepe te begin.

Wat jy beslis in jou kas moet hê: Tossel-oorbelle

Kunstige Dinsdag

Klein Saterdag

Jeans met hakke som ’n Woensdag mooi op! Jy is in die middel van die week en nie seker of jy informeel of formeel wil gaan nie. Die modespan help jou met die volgende uitrusting.

Wat jy beslis in jou kas moet hê:  Blokhakskoene

Klein Saterdag

Vrolike Donderdag

Dis byna naweek! Hier is ’n vrolike opkikker-uitrusting wat speel met een sterk kleur saam met natuurlike kleure.

Wat jy beslis in jou kas moet hê: Suède-baadjie

Vrolike Donerdag

Sosiale Vrydag

Naweek is in sig en jy kort ’n uitrusting waarmee jy ná werk ‘n skemerkelkie kan gaan drink! Ruil net jou plat skoene met ’n paar hakskoene. Jy kan hierdie items op verskillende maniere kombineer in ‘n verskeidenheid uitrustings. Dit is ’n behoorlike 3-in-1-wenkombinasie.

Wat jy beslis in jou kas moet hê: Blinkerrok

Uitrusting 1

Sosial Vrydag 1

 

Uitrusting 2

Sosiale vrydag 2

 

 

Uitrusting 3

Sosiaal Vrydag 3

Wees die styl-koningin en toets al dié uitrustings.

Hier kan jy dié items koop:

Klein vierkantige serp (R149)

Tuniek (R89,99)

Tuniek , Mr Price/ MRP.com

Culotte (R999)

Culotte, Country Road by Woolworths

Blokhakskoene (R1 299)

Blokhakskoene, Mimco by Woolworths

Baadjie (R749)

Top (R299)

Bloes , H&M

Culotte (R749)

Culotte , Mango, aanlyn te koop by die SARIE-winkel by spree.co.za/sarie

Blokhakskoene (R599)

Tossel-oorbelle (R149)

Bloes (R1 399)

Bloes , Country Road by Woolworths

Jeans (R899)

Jean , Mango, aanlyn te koop by die SARIE-winkel by spree.co.za/sarie

Hakskoene (R1695)

Hakskoene , Tosoni by Spitz

Handsak (R139,99)

Handsak , Mr Price / MRP.com

Rok (R999)

Rok , Country Road by Woolworths

Tekkies (R999)

Tekkies, Adidas by Sportscene

Suède-handsak (R1 899)

Handsak, Witchery by Woolworths

Suède-baadjie (R4 999)

Baadjie , Trenery by Woolworths

Blinkerrok (R899)

Rok , H&M

Kunsleer-baadjie (R599)

Noupassende jeans (R399)

Jean , H&M

Oorbelle (R99)

Tekkies (R1 299)

Tekkies, Adidas by Sportscene

Hakskoene (R599)

Hakskoene, Madison

Leerhandsak (R1 999)

Handsak , Mimco by Woolworths