FOTO Instagram (@styledumonde)

FOTO Instagram (@styledumonde)

Modestories

5 stappe na ’n stylvoller jý

Party van ons is net nie oggendmense nie. Om dán daardie stylvolle uitrusting vir die dag bymekaar te sit kan ’n nagmerrie wees … wat eintlik net hoort in ’n Stephen King-roman. 

Kom ons maak ’n plan!

 

5 gewoontes wat jou meer styl gee – én tyd vir ’n ekstra koppie koffie voor werk!

#1 Beplanning

Net voordat jy gaan slaap, beplan jou uitrusting vir die volgende dag. As jy kan, sit dit ook solank reg.

 

#2 Ekstra 10 minute

Staan 10 minute vroeër op, dit gee jou ekstra tyd vir ingeval jy jou hemp of bloes moet stoom. Dit maak sommer ook voorsiening vir daardie slegte haardae waarop jy langer  sukkel om jou kapsel reg te ruk!

 

#3 Organiseer

Hou jou kas in orde. 1) Jy gaan nie jou hele kas moet uitgooi om daardie “een” top te vind nie! 2) Jou klere bly in ’n beter kondisie vir langer en is minder gekreukel.

 

#4 Onderklere is belangrik

Vermy daardie “panty lines” en bra wat deurskyn onder jou bloes. Dit is klein dinge, maar maak ’n groot verskil!

 

#5 Goeie postuur

’n Goeie postuur laat jou selfversekerd lyk en die klere sit mooier aan jou.

Volgens Amaria Carstens, SARIE se mode-redakteur, sal klere nog mooier lyk as jy ’n goeie postuur het. “’n Goeie postuur, saam met onderklere wat goed pas, sal jou klere nóg mooier en nóg beter aan jou laat sit.”

Lees hier meer oor postuur

Maak dit jou missie vir die res van die jaar!