Screen Shot 2016-10-05 at 9.25.56 AM
Modestories

5 kleure perfek vir blondines

Nes die kleur van jou hare ’n uitrusting kan komplementeer, kan jou uitrusting jou haarkleur mooi beklemtoon. Vir blondines is daar 5 kleure wat perfek werk!

Die Britse sanger en blondine Rita Ora dra gereeld hierdie einste 5 kleure. Sy is definitief ook een van SARIE se groot styl-inspirasies!

Dra dié kleure as jy in ’n groep wil uitstaan

#1 Rooirok-bokkie

Rooi is een van die kleure wat die meeste aandag trek. Dis ook ’n kleur wat die meeste vroue kan dra.

WENK: Jy mag maar van kop tot toon in rooi geklee wees.

 

#2 Hoe blinker, hoe mooier

Goud, silwer of selfs roosgoud tel gewoonlik jou haarkleur mooi op. Metaalkleure en blonde hare is ’n wenkombinasie!

WENK: Metaalkleure trek baie aandag, so vermy blink van kop tot toon as jy skamerig is. Dra dan metaalkleure eerder as bykomstighede van blink metaal.

A photo posted by Rita Ora (@ritaora) on

 

#3 Koningsblou Blonde hare, blou oë en koningsblou gaan beslis die koppe laat draai.

WENK: Jy kan nie ’n fout maak as jou hele uitrusting koningsblou is nie.

A photo posted by Rita Ora (@ritaora) on

 

#4 Ligpienk (roospienk) Ligpienk en blond is van die elegantste kombinasies wat daar is, veral as jy ’n ligte vel het.

WENK: Ligpienk kan wel soms vaal lyk – kikker dit op met rooi lippe of bykomstighede!

 

#5 Bottelgroen Jy sien nie dié kleur orals nie. Bottelgroen komplementeer nie net jou haarkleur nie, maar ook jou oogkleur.

WENK: Kleurblok is altyd ’n wenner!

A photo posted by Rita Ora (@ritaora) on

Kyk uit vir die kleure wat vir donkerkoppe werk!