Modestories

Mode-dilemmas: vermy dit met dié 5 items

Jy’s laat en kry niks om aan te trek nie? Nee, “fashionably late” kan jy nie altyd as ’n verskoning gebruik nie! Kry vir jou ons 5 staatmaker-items en jy gaan nooit weer in dié penarie beland nie.

#1 Jou unieke swart nommertjie

Ja, die swart rok is my staatmaker-item! Jy kan dit vir enige geleentheid gebruik. My raad aan jou is om ’n swart rok in ’n unieke, “nuwe” styl aan te skaf. Dit hou dié klassieke item modern.

SARIE April 2016 -uitgawe  Fotograaf: Justin Badenhorst

SARIE April 2016-uitgawe
FOTO Justin Badenhorst

#2 Perfekte jeans

Elkeen moet jeans besit wat jou absoluut foutloos laat lyk. Kry een wat vir jóú werk – een wat jou bene langer laat lyk of jou boude kleiner, of wat ook al jou behoefte is. Die pluspunt van goeie jeans is dat dit jou sommer klaar fantasties laat voel. Jy gryp net ’n bloes of hemp uit jou kas en kikker dit op met bykomstighede.

SARIE November 2014 uitgawe  Fotograaf: Amy Scheepers

SARIE November 2014-uitgawe
FOTO Amy Scheepers

#3 Snyerspak

Dit is klassiek, elegant en boonop nou gróót! Jy kan nooit verkeerd gaan met ’n broekpak vir werk nie en jy kan dit maklik opkikker vir skemerkelkies ná werk.

SARIE Mei 2016-uitgawe  Fotograaf: Justin Badenhorst

SARIE Mei 2016-uitgawe
FOTO Justin Badenhorst

#4 Netjiese plat skoene

Het jy al probeer om ’n hele aand op hoëhakskoene deur te bring? Vir my is dit fisiek onmoontlik! Maak seker jy het altyd daardie netjiese plat skoene byderhand, net vir die wis en die onwis.

SARIE April 2016 -uitgawe  Fotograaf: Justin Badenhorst

SARIE April 2016 -uitgawe
FOTO Justin Badenhorst

#5 Palm-handsak

Jy het die perfekte rok, maar nie ’n enkele palm-handsak wat daarby pas nie? Elke vrou móét ’n palmsak hê, verkieslik een in ’n neutrale kleur soos swart, goud, silwer, taankleurig of wit. ’n Palmsak rond ’n uitrusting af vir die aand.

SARIE September 2014 -uitgawe Fotograaf: Justin Badenhorst

SARIE September 2014 -uitgawe
FOTO Justin Badenhorst

Vermy laat kom – koop dié items:

Swart rok (R799)

Swart rok (R399)

Swart rok, Style Republic by spree.co.za

Jeans (R799)

Jeans, Trenery by Woolworths

Jeans (R599)

Jeans, H&M

Snyersbaadjie (R399)

Langbroek (R299)

Insteekskoene (R3 995)

Insteekskoene (R199)

Insteekskoene, FOOTWORK by spree.co.za

Palmsak (R1 699)

Palmsak, Mimco by Woolworths

Palmsak (R349)

Palmsak, H&M

Lees nou

Só mooi! ‘n Modeparade in Havana se hoofstraat

Dra rompe & rokke óór broeke

Top-12 jasse vir winter 2016

 

20160429_VGB Tag