FOTO Instagram @styledumonde 1

FOTO Instagram @styledumonde 1

Modestories

5 tekens wat sê jy ken jou trends

Deesdae gaan mode oor selfvertroue, want wat jy dra is immers ’n kreatiewe uitdrukking van jouself. Soms is jy ook, sonder dat jy dit weet, ’n dapper trend-kenner wat vinnig ’n nuwe of “vreemde” trend omarm voordat die res kans sien om die styl te volg!

Hier’s 5 tekens dat jy kans sien vir nuwe trends:

#1 Jy dra plat skoene saam met ’n formele rok

Die een wat gesê het plat skoene mag nie saam met ’n formele uitrusting gedra word nie, lewe wraggies in 19-toet!

 

#2 Jy het die half-ingesteekte hemp onder die knie

Die half-ingesteekte hemp (half-tuck) is nie so maklik soos dit lyk nie, maar as jy dit regkry, lyk dit baie modieus.

 

#3 Jy stileer jou belt op kreatiewe maniere

Wees kreatief en vou jou belt op ander maniere as die gewone.

 

#4 Jy doen die laag-op-laag gemaklik

Laag-op-laag is nie so maklik soos wat dit lyk nie, want dit kan gou slonsig lyk.

 

#5 Blinkers deur die dag

Jy is nie skaam om blinkers deur die dag te dra nie.

A photo posted by *STYLE DU MONDE (@styledumonde) on

Moenie dink jy kan nie soos die oorsese trendsetters aantrek nie; hoe meer selfvertroue en hoe meer kanse jy waag, hoe treffender lyk jy.