FOTO Instagram @chungalexa

FOTO Instagram @chungalexa

Modestories

Dra pienk dié winter met hierdie 5 wenke

Dis vandag Pienk-dag! Ons is geneig om pienk met die somer te assosieer, maar dis ook ’n wonderlike kleur om in die winter te dra. Pastelpienk is beslis een van die gunsteling-skakerings wat jy die seisoen kan dra.

Maar die vraag bly: Hoe dra ek dié kleur sonder om soos ’n marshmallow te lyk?

#1 Wynrooi of rooi en pastelpienk is ’n wenkombinasie

Ons is grootgemaak met die “modereël” dat jy nie rooi en pienk mag meng nie, maar dis nonsens!

 

#2 ’n Pastelpienk jas is nuttig

Skaf ’n oorgroot jas aan, want dit is hierdie winter se móét-hê-item.

 

#3 Bly weg van pofferige style

Vermy pofferige moue of selfs style wat jou soos ’n Disney-prinses sal laat lyk.

A photo posted by @sweet___dear on

 

#4 Pienk kunspels

Pienk kunspels kan jou uitrusting opkikker. Kies ’n handsak, kraag, hoed of jas met dié detail.

 

#5 Grimering tel

Indien jy nie ’n aanhanger van pienk is nie, kan jy dit inwerk by jou grimering of jou naels dié kleur verf.

Of volg Kylie Jenner se voorbeeld en kies pienk hare én pienk lippe:

Lees nou

Watter koninklike se styl pas by jou?

Kan ’n uitrusting jou die verhoging gee wat jy verdien?

Basta veertig-plus – dra wat jy wil