FOTO Instagram / @ilovestreetstyle 3

FOTO Instagram / @ilovestreetstyle 3

Modestories

5 wenke – skep ’n luukse voorkoms

Geld behóórt nie belangrik te wees nie, maar ongelukkig het ons leefstyf baie materialisties geword. Jy word tog gemeet aan die prys van jou slimfoon, die etikette van jou klere en bykomstighede, die perfeksie van selfies en die bybly met trends. Maar daar’s niks mee verkeerd om mooi aan te trek en mooi te voel nie, jy verdien dit immers! Het jy geweet dat jy nie hope geld hoef uit te gee om ’n luukse voorkoms te kry nie? 

Hier’s ons wenke – flous die wêreld:

#1 Bykomstighede

Stileer bykomstighede reg en jy kan soos ’n miljoenêr lyk – sjiek en elegant. Dra deur die dag eerder ’n palmhandsak (clutch bag) pleks van ’n normale handsak.

 

#2 Voorkoms

Versorging speel ’n baie belangrike rol! Doen moeite met jou grimering. Nee, ek sê nie plak dit aan nie. ’n Mooi versorgde gesig met ’n lipkleur is perfek. En gee baie aandag aan jou hare. Blaas dit droog, “blow-dry” dit, krul dit. Hare gaan glo die nuwe wenkbroue word, versorg dit dus met ekstra moeite.

 

#3 Naellak

Mooi versorgde naels maak in ’n japtrap groot ’n verskil! As jou naels mooi is, voel jy sommer ook baie beter.

A photo posted by SheerLuxe (@sheerluxe) on

 

#4 Juwele

Belê in een ordentlike item wat jy elke dag kan dra sonder dat dit verbleik, kleur afgee of afdop.

A photo posted by SheerLuxe (@sheerluxe) on

 

#5 Gaan groen

Laaste opsie: Loop heeldag met ’n groen smoothie rond. Groen is die nuwe luuks!

A photo posted by Kauai South Africa (@kauaisa) on

Gaan jy die luukse wenke uittoets?