FOTO Instagram @vandawaterfront

FOTO Instagram @vandawaterfront

Modestories

6 wenke vir uitverkopings

Dis Kersfees in Julie. En dit beteken net een ding: Uitverkopings, uitverkopings en uitverkopings! 

Ons is geneig om ’n bietjie kop te verloor by uitverkopings. Soos aasvoëls storm ons in die winkels in en gryp sommer drie paar skoene, al pas hulle nie! Maar daar’s nie verniet die volgende gesegde nie: “Goedkoop koop is duur koop.”  Hier is 6 wenke om kop te hou tydens ’n uitverkoping.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ’n uitverkoping is altyd lekker. Veral as daardie duur item wat jy al die hele seisoen lank begeer nou 50% goedkoper is!

6 wenke vir ’n uitverkoping:

#1 Maak ’n lys

Maak ’n lys van items wat jy rêrig nodig het en wil hê.

 #2 Koop basiese items

Klere soos wit T-hemde, jeans, wit hemde en denimhemde is tydloos.

FOTO: Hannah Morgan / Unsplash

FOTO: Hannah Morgan / Unsplash

 #3 Koop klere wat pas!

Wees trots op jou “ekstra” kurwes en fokus vleiende aandag daarop – die lewe is heeltemal te kort vir ’n obsessie oor jou kleregrootte! En die kans is klein dat jy daardie gewig vinnig gaan verloor.

 #4 Moenie tevrede wees met die eerste item wat jy kry nie

Jy sien ’n leerbaadjie, maar jy weet dis nie presies wat jy gesoek het nie? Sit dit terug en soek verder.

via GIPHY

 #5 Moenie lui wees nie

Loop rond en kyk waar die beste aanbod is.

 #6 Ken die reëls

Wees 100% seker voor jy iets koop. Baie winkels gee nie jou geld terug as jy die item terugbring nie!

via GIPHY

Lees nou

5 grimeergewoontes om nóú te kweek

Kurwes: lyk só sensasioneel