FOTO Instagram / @mirandakerr

FOTO Instagram / @mirandakerr

Modestories

8 lente-trends wat elke vrou kan dra

Lente is hier en die modespan het 8 trends gevind wat elke vrou kan dra. Of jy nou ’n XS of XL is, dit lyk fantasties en is vleiend!

Maak seker hierdie items is op jou inkopielys vir somer

#1 Oorvourok of -romp

Stylvol, sjiek en laat jou slanker lyk.

A photo posted by Who What Wear (@whowhatwear) on

 

#2 Culotte

Nog nie reg vir kortbroeke nie? Die culotte is jou antwoord! Jy kry dié wenner deesdae in ’n verskeidenheid style, kleure en materiale. Indien jy ’n klein middel het, gaan vir die culotte met die hoë middellyf (high waisted). Een met ’n bypassende top is ook baie vleiend. En ja, die kortes onder ons kan dit ook dra! Dra dit net met ’n hoëhakskoen of ’n effense hak.

A photo posted by Who What Wear (@whowhatwear) on

 

#3 Skouerloos

Jou skouers is die laaste plek van jou liggaam wat verouder. Pleks van ’n kort toppie (crop top), dra oop skouers en wys só vel. 

 

#4 Midiromp

Hoë middel, geplooi, patrone, leer, denim, valle, maak nie saak nie …  midirompe is gróót en vleiend vir elke figuur.

A photo posted by Who What Wear (@whowhatwear) on

 

#5 Strepe

Horisontaal of vertikaal, enige vrou kan dit dra!

 

#6 Bomber-baadjie

Dit is die nuwe leerbaadjie! Perfek vir die koeler dae en kikker jou uitrusting in ’n japtrap op. Selfs Michelle Obama is al in een gesien.

 

#7 Eenstuk

’n Eenstuk kan vleiend wees, koop net die regte styl! Daar is nou ’n wye verskeidenheid style beskikbaar. Pas elke styl aan om te kyk watter een vir jou werk, veral as jy ’n lang bo-lyf het! En moenie bang wees vir ’n eenstuk as jy kort is nie.

 

#8 Alte fraai met valle

Valle is nou ’n groot trend en stylvol! Koop ’n top, rok, romp of eenstuk met valle.

A photo posted by Who What Wear (@whowhatwear) on

 

Koop nóú jou lente-treffers!