Modestories

Afskouer-trend hier om te bly!

Die afskouer-modegier was en ís steeds groot! Eers was dit net afskouer-somertoppies, maar nou loop die winkels oor met soortgelyke items. Van rokke tot eenstukke. Dié trend gaan beslis nie vinnig uitsterf nie … 

By die jaarlikse Amerikaanse musiektoekennings (AMA) was dit oral te sien. Gigi Hadid, Zoe Saldana en Tinashe het bekoor op die rooi tapyt, om maar net ’n paar te noem. Ander bekendes is ook mal hieroor.

Demi Lovato dra ’n noupassende swart knielengterok tydens haar optrede by die Glamour Women of the Year-glansgeleentheid.

Julianne Hough woon die eindronde van Dancing with the Stars by in ’n dramaties geborduurde swart balrok.

Kim Kardashian lyk sensueel in hierdie afskouerjas by die Balenciaga-vertoning tydens die Paryse Modeweek Lente/Somer 2017.

Kyk dié video vir ’n goue wenk om jou afskouer-item afskouer te hou:

Daar is beslis ’n afskouer-item vir oud en jonk beskikbaar in die winkels! Hier is die modespan se gunstelinge:

Pofmou-afskouertop (R599), Forever New

Top, Forever New

Afskouerbloes, (R299)

Bloes, H&M

Bloedrooi noupassende rok (R499) Boohoo by Spree

Rok, Spree

Blommotief-rok met valletjie-detail (R999), Mango

Rok, Mango

Gestreepte langmoutop (R99,99), Mr Price

Top, Mr Price

Knielengte-rok met band om middel (R1,699), Country Road by Woolworths

Rok, Country Road

Swart eenstuk met kant (R499), Boohoo by Spree

Eenstuk, Spree

Kortmou-rok met strepe (R699), Poetry

Rok, Poetry

Mode-intern: Mignon Mostert