Modestories

Mode-storie vir Augustus 2009: Agter die skerms

Nadat ek al vantevore drie bekendstellings by die Banksia Boutique Hotel bygewoon het, het ek besluit dis perfek vir SARIE se tweede verjaardag-uitgawe. Die mooi, afgeronde tuin en die huis is ‘n toonbeeld van tydlose styl, net soos die modestorie wat ons vertel. Die dag het vlot verloop en dis alles te danke aan ‘n fantastiese span wat lekker saam gewerk het.