Junie 2010-modesessie: Agter die skerms

Deur Amaria Carstens, SARIE - Junie 2010

Junie 2010-modesessie: Agter die skerms Foto’s: Marguerite Oelofse @ Infidels Galery

Op 17 Maart reis die span na Struisbaai vir nog 'n foto-sessie. Omdat ons met eerste daglig op 18 Maart wil skiet, moet ons al die dag voor die tyd vertrek.

Vroeg-vroeg (5:00) is die span al aan die gang. Hare en grimering word gedoen, klere gestoom en tientalle koppies koffie gedrink om ons op en wakker te hou.

Om 6:45 word die eerste foto geneem. Dis nog hoogwater en ons moet op die klippe begin skiet terwyl ons wag vir die gety om terug te trek. Teen 8:00 is ons klaar met twee foto's en reg om die ander foto's met die perd af te neem. Dit is 'n pragtige skimmelperd, maar sy wou om die dood nie stilstaan vir die foto's nie. So byna ons arme model se voet afgetrap.

En as jy dinge deurmekaar gekrap wil hê, vertrou op Murphy. Die weer is weer eens glad nie aan ons kant nie. Omdat die modestorie vir ons Junie 2010-uitgawe is, wou ons die gevoel van 'n koue wintersdag hê. Dis egter snikheetwarm en ons word dik gesmeer met die sonbrandmiddel. Gelukkig kan die foto's met vandag se moderne tegnologie verander word om die gevoel te skep wat ons wou hê. Alhoewel dit nie 100% is nie, is dit so na as wat ons aan 'n koue wintersdag kan kom.

Die grys en blou skakerings van die klere-items is groot vir winter 2010. Vir my is dit 'n persoonlike gunsteling en 'n vars aanslag ná al die pers en pienk wat ons die afgelope paar maande sien.

Junie 2010 - mode

  • Assistent Andrea Smith
  • Grimering Johanni Nel @ Infidels

Verwante artikels

Galery

  • Die klere word reg getrek
  • Johanni besig met grimering
  • Zsanett se oog word grimeer
  • Die vals hare waarmee die vlegsels gemaak is
  • Die klere klaar gestryk en reg vir aantrek
  • Johanni sit die vlegsels in
  • Zsanett se hare is amper klaar
  • Die mooi sonsopkoms op Struisbaai
  • Kan nie skiet nie - nog hoogwater
  • Nog 'n bietjie te donker om te begin skiet
  • Johanni kry Zsanett reg vir die eerste foto
  • Amaria & Marguerite bespreek die eerste foto
  • Ons is reg vir aksie
  • Daar word gekyk of die foto werk
  • Marguerite verduidelik vir Zsanett wat om te doen
  • Johanni kyk of die grimering nog reg is
  • Die volgende stel klere is reg om aangetrek te word
  • Die perd staan gereed vir haar eerste foto-sessie
  • Zsanett in die volgende uitrusting
  • Zsanette klim op die perd
  • Die perd weier om stil te staan
  • Die perd word weer omgedraai
  • Uiteindelik staan die perd stil
  • Marguerite kyk of die foto werk
  • 'n Ander hoek word probeer
  • Die dag raak ál warmer
  • Die lig word gereflekteer
  • Die naby-foto word geneem
  • Uiteindelik is dit laagwater
  • Zsanett maak reg vir die laaste foto
  • Johanni doen die laaste veranderinge aan die hare
  • Zsanett in aksie
  • Johanni skuif 'n haar terug in plek
  • Junie 2010 - mode

Kommentaar

  • Met die eerste oogopslag het ek vermoed dat die model se vlegsels "vals" is. Dit is mos 'n alledaagse gebruik by foto-sessies om vals hare te gebruik om ekstra lengte en dikte aan die hare te verleen. Tog is ek effens teleurgesteld dat my eie hare nie so kan lyk nie. Ek is mal oor die klere! Dit is presies hoe ek wil aantrek. Ek sal graag my eie bonkige grys trui wil aanskaf. Behalwe vir die klere, het die grimering my ook beindruk. Dit is vars en natuurlik. Die model se haarkleur is ook baie mooi, wat my laat wens dat ek 'n rooikop was.

    17de Jun. 2010, 08:53