Modestories

Junie 2010-modesessie: Agter die skerms

Vroeg-vroeg (5:00) is die span al aan die gang. Hare en grimering word gedoen, klere gestoom en tientalle koppies koffie gedrink om ons op en wakker te hou.

Om 6:45 word die eerste foto geneem. Dis nog hoogwater en ons moet op die klippe begin skiet terwyl ons wag vir die gety om terug te trek. Teen 8:00 is ons klaar met twee foto’s en reg om die ander foto’s met die perd af te neem. Dit is ‘n pragtige skimmelperd, maar sy wou om die dood nie stilstaan vir die foto’s nie. So byna ons arme model se voet afgetrap.

En as jy dinge deurmekaar gekrap wil hê, vertrou op Murphy. Die weer is weer eens glad nie aan ons kant nie. Omdat die modestorie vir ons Junie 2010-uitgawe is, wou ons die gevoel van ‘n koue wintersdag hê. Dis egter snikheetwarm en ons word dik gesmeer met die sonbrandmiddel. Gelukkig kan die foto’s met vandag se moderne tegnologie verander word om die gevoel te skep wat ons wou hê. Alhoewel dit nie 100% is nie, is dit so na as wat ons aan ‘n koue wintersdag kan kom.

Die grys en blou skakerings van die klere-items is groot vir winter 2010. Vir my is dit ‘n persoonlike gunsteling en ‘n vars aanslag ná al die pers en pienk wat ons die afgelope paar maande sien.

Junie 2010 - mode

  • ifv675 funvpqfchfpy, [url=http://vuemggfjsqlp.com/]vuemggfjsqlp[/url], [link=http://royrbnqxzyiw.com/]royrbnqxzyiw[/link], http://mjookxrrhwvc.com/

  • Met die eerste oogopslag het ek vermoed dat die model se vlegsels "vals" is. Dit is mos ‘n alledaagse gebruik by foto-sessies om vals hare te gebruik om ekstra lengte en dikte aan die hare te verleen. Tog is ek effens teleurgesteld dat my eie hare nie so kan lyk nie.

    Ek is mal oor die klere! Dit is presies hoe ek wil aantrek. Ek sal graag my eie bonkige grys trui wil aanskaf. Behalwe vir die klere, het die grimering my ook beindruk. Dit is vars en natuurlik. Die model se haarkleur is ook baie mooi, wat my laat wens dat ek ‘n rooikop was.

  • TWCiiS nfwaucetjvhv, [url=http://bstgzmnptzyh.com/]bstgzmnptzyh[/url], [link=http://cofwruvorwrb.com/]cofwruvorwrb[/link], http://wrramobepzkn.com/