Desember 2009-modefotosessie: Agter die skerms

Deur Amaria Carstens, SARIE - Desember 2009

Desember 2009-modefotosessie: Agter die skerms Foto’s: Igor Polzenhagen @ Infidels Galery

Wat 'n heerlike shoot!

Geen stres oor die weer, 'n heerlike Afrikaanse span – ja, kan julle dit glo, die hele span (fotograaf, hare, grimering en model) was Afrikaans. Nogal lekker om op 'n shoot heeldag in jou moedertaal te praat.

Vir die eerste keer in 'n lang ruk het ek 'n dramavrye shoot gehad op die dag self. Die enigste drama was om die perfekte plek te kry. Dit is net vir my skokkend hoe geldgierig Suid-Afrikaners is en hoe hulle net op uitlanders wil fokus. Dit is vir my tragies dat ons as Suid-Afrikaners nie eens sekere goed in ons eie land kan geniet nie, omdat die pryse geheel en al buite ons bereik is. Want ja, daar is mense wat tot R17 000 vra wanneer daar 'n shoot in hul huis plaasvind. R17 000?!!?!? – ek meen, dit is meer as sekere mense se huis-paaiemente in 'n maand. Dan is daar ander plekke wat R4 500 vra vir 'n murasie – geen toiletgeriewe, lopende water of elektrisiteit is beskikbaar nie. Absoluut skokkend!

So, waardeer die setting van enige mode-shoot, want dit is nie maklik om die perfekte plek te kry nie. Dit is dae tot selfs weke se onderhandeling en frustrasies!

En so lyk die mooie eindresultaat. Vir meer Chanel-inspirasie, kry die Desember-uitgawe van SARIE (vanaf 9 November te koop)

Desember-uitgawe se mode

  • Assistent Andrea Smith

Verwante artikels

Galery

  • Johanni besig met grimering
  • Blosser word aangewend
  • Hare word gedoen
  • Die hare word ingedraai
  • Ons aantrekkamer by die Mount Nelson
  • Johanni doen die finale afronding vir die 1ste foto
  • Die skoene wat ons gaan gebruik
  • Al die bykomstighede
  • Die klere wat die model vandag gaan dra
  • Die eerste uitrusting word aangetrek
  • Op pad na die eerste foto
  • Op pad na die Cape Colony Restaurant
  • Cape Colony Restaurant
  • Ongelooflike muurskildery
  • Ons maak seker al die "props" is reg
  • Johanni peuter vir oulaas aan die hare
  • Amaria sit die aanknipoorbelle aan die skoene
  • Mount Nelson se Planet Bar
  • Amaria en Igor besluit of die angle gaan werk
  • Amaria maak seker die das sit reg
  • Igor en Sam kry die ligte reg
  • Igor in aksie
  • Ons maak reg vir nog 'n foto
  • Sam stel die ligte
  • Ons middagete - ewe "grand"
  • Props word afgedra vir die laaste foto
  • Johanni doen touch-ups na middagete
  • Igor besluit waar die model moet staan
  • Die hare is verander
  • Desember-uitgawe se mode

Kommentaar

  • Kom na Bredasdorp, hier is so baie mooi plekke en die mense sal nie so baie vra nie. Dis net twee uur uit die Kaap in die Overberg. Pragtige fotos

    10de Nov. 2009, 15:02

Web Development by FormFunction