behind_the_scenes_jan_001
Modestories

Agter die skerms by ons Januarie 2009-mode-fotosessie

Weereens ‘n vroeë oggend – ons ry net voor 6 uit die Kaap om betyds in Caledon te kan aankom. Ek moet erken, ná ‘n jaar en ‘n bietjie van padwerke is ek nogal goed gatvol van die onsekerheid oor hoe lank dit jou gaan neem om by jou eindbestemming uit te kom. 

Ek glo nou al heel jaar dat ek gejinx is wanneer ek moet skiet, want elke keer vrek die arme model van die koue. Hierdie dag was weereens geen uitsondering nie. Maar nietemin het ons ‘n brawe model, Nina, wat haar werk met ‘n glimlag doen.

Die landskap van die Overberg-area is veral hierdie tyd van die jaar ongelooflik, net so voordat die koring gestroop moet word. Dit was dus die perfekte agtergrond vir ons Januarie 2010-modeblaaie. Ek is mal oor hierdie gemaklike voorkoms en my persoonlike gunsteling is die moet-hê-kaftan van Lunar.

Ná ‘n lang dag van die koue wind trotseer en op die pad wees is dit ‘n tevrede span wat net voor sewe die aand terug is in die stad.