mei_behind_the_scenes_003rz
Modestories

Winter-bylae 2010-modesessie: Agter die skerms

Sy moet stylvol lyk ten spyte daarvan dat die sweet teen haar lyf afrol! Kouse word heel laaste aangetrek sodat sy so lank as moontlik kan koel bly.

Hoewel ons as span vir ‘n slag nie teen wind en weer baklei nie, is die shoot ‘n groot produksie. Twee weke voor die shoot het ons muurpapier gekies wat by elke voorkoms pas. Groot houtplanke moes gekoop word sodat elke soort muurpapier op ‘n houtplank geplak kon word. Dit het verseker dat ons die vryheid het om die muurpapier ná elke foto te verander. Nadat ons die uitrusting klaar gestileer het, moes ons ook besluit watter grote houtplank met muurpapier vir elke spesifieke foto gebruik gaan word.

Die oggend voor die shoot, terwyl die model besig was met haar hare en grimering, is die muurpapier geplak. Nadat elke foto voltooi is, is die borde rondgeskuif om die volgende voorkoms sy unieke gevoel te gee. My gunsteling-voorkoms vir winter 2010 is militêre styl.

Inspirasie van Berlyn

Die winter-bylae is tans beskikbaar saam met die Mei 2010-uitgawe van SARIE.

  • http://eqljmpseftbc.com/ gnblex

    UMo1Ur tkiealinlkfm, [url=http://hsahemplmfxz.com/]hsahemplmfxz[/url], [link=http://ijbmajsnuytv.com/]ijbmajsnuytv[/link], http://nwlxbyvyzgnc.com/