November 2009-mode-fotosessie: Agter die skerms

Deur Amaria Carstens, SARIE - November 2009

November 2009-mode-fotosessie: Agter die skerms Foto’s: Johan Wilke Galery

Vir die jong meisie wat graag 'n model wil word, is hierdie maand se agter-die-skerms-foto's 'n eye-opener.

'n Model se werk is nie maklik nie. In yskoue weer moet hulle paradeer in swembroeke en in die snikwarm hitte van die somer moet hulle wintersdrag dra.

Hierdie dag was besonders uitmergelend vir enige model, want nie net was dit koud nie, dit het ook gereën en daar was 'n ligte windjie. Die kersie op die koek was dat Karlien (ons model) dit in die yskoue water van die Kaap moes waag. En ons almal weet hoe koud die Kaap se water selfs in die middel van die somer is, so dink net hoe koud het sy in die hartjie van die winter gekry.

Ná elke foto het ons haar in 'n kombers toegevou sodat sy net haar liggaamshitte kon terugkry.

Die eerste 2 uur van die dag het dit gereën, maar hier na 14:00 se kant het die son darem sy kop begin uitsteek en kon ons die shoot suksesvol voltooi.

Met die somermaande wat op pad is, hoop ons die weer speel beter saam as toe ons die swembroeke afgeneem het en dat jy heerlik sal pronk in een van die 60 waaruit jy in ons November-uitgawe (vanaf 12 Oktober te kry) kan kies.

+ Kry ook jou volle eet- en oefenprogram in die November-SARIE en tem só jou selluliet

+ Wat is die trends vir Somer 2009

  • Assistent Andrea Smith
  • Hare Fiona Gentry
  • Grimering Fiona Gentry

Verwante artikels

Galery

  • Somer 2009 se swembroekstyle
  • Dis besig om hoogwater te word
  • Fiona wend die laaste grimering aan
  • Fiona maak gereed om die laaste afronding te doen
  • Kyk hoe mooi is hierdie strand in Kaapstad
  • Ons besluit wat Karlien eeste gaan aantrek
  • Al die toerusting word opgestel
  • Al die toerusting word nog na die strand gedra
  • Die son kom uit!
  • Waarom moet mense so vernielsugtig wees?
  • Ysig koud
  • Ons begin met die eerste foto
  • Fiona maak seker die hare lyk reg
  • Karlien in aksie
  • Ons kyk na die eerste foto op die rekenaar
  • Ons sit en wag vir die reën om op te hou
  • En wag . . .
  • Kan nie langer wag nie en skiet in die reën
  • Karlien klim selfs rotse vir die perfekte foto
  • Oor berge en dale vir die perfekte foto
  • Donker buite en dit reën nog steeds
  • Graffiti is orals te sien
  • Nog graffiti
  • Karlien trek gou 'n ander swembroek aan
  • Ons maak reg vir die volgende foto
  • Dit is hoe koud dit is... brawe model
  • Lig word op die model gereflekteer
  • Johan se kamera word beskerm teen die reën
  • "Polyboards" red die dag
  • Al ons sakke vol swembroeke
  • Sergio laai die foto's op die rekenaar
  • En hier kom die son uit!
  • Kyk hoe mooi lyk dit nou buite
  • Fiona doen 'n "touch-up"
  • Die lig word reflekteer deur die "pollyboard"
  • Superdapper Karlien in die koue water
  • Karlien probeer gemaklik lyk op die rots
  • Fiona skuif 'n haar reg
  • Amaria staan reg met die kombers tussen foto's
  • Ons eet vinnig middagete
  • Johan maak seker dat alles reg opgestel is
  • Daar word selfs boom geklim
  • Karlien verloor byna haar balans
  • Karlien toegevou in 'n kombers tussen foto's
  • Karlien hou haarself warm
  • Ons maak seker alles lyk reg vir die foto
  • Hierdie was Amaria se gunsteling-swembroek
  • Amaria maak grappies met Fiona se haarverlengings
  • Karlien se warmste uitrusting van die dag
  • Kyk hoe donker raak dit nou weer
  • Die kombers word ingespan om Karlien warm te hou
  • Johan kyk of die foto gaan werk
  • Laaste foto en Karlien doen vir oulaas haar bes

Kommentaar

  • Sal dit waardeer as die kodes van die swembroeke ook ingesluit kan word. Ek is opsoek na een van die 'vloot' swembroeke en kry dit in geen Edgars nie. As 'n kode gegee word sal dit dalk makliker wees vir die lesers om die swembroeke op te spoor.

    9de Des. 2009, 00:48