"The Glass Castle" begin 8 September 2017 in Suid-Afrika draai.

Modestories

Aktrise dra SA ontwerper se rok op rooitapyt in New York

Die Oscar-wenner Brie Larson het hierdie week die New Yorkse première van haar nuwe fliek, The Glass Castle, bygewoon.

Soos altyd het Brie beeldskoon gelyk, die keer het sy in ’n Monique Lhuillier-rok verskyn.

The Glass Castle handel oor ’n suksesvolle vrou, wie se ouers haweloos is. Die Hollywood-sterre Naomi Watts, Woody Harrelson en Max Greenfield is ook in die fliek te sien.

Kyk die lokprent hier

Naomi het die koppe laat draai met haar wit Fendi-uitrusting en treffende rooihakke.

LOOK OF THE DAY: @naomiwatts stunning in @fendi #ootd #NaomiWatts

A post shared by Marie Claire Australia (@marieclaireau) on

Trots Suid-Afrikaans

Olivia Kate Rice, ’n jong aktrise wat ook in dié fliek speel, het ’n rok deur die Suid-Afrikaanse ontwerper Kristen Rahme gedra. Die rok is deel van Soapbox, ’n luukse reeks vir dogtertjies.

The Glass Castle premiere! @glasscastlefilm @chandler.head @sadiesink @ellaanderson4u

A post shared by ᴏʟɪᴠɪᴀ (@oliviakaterice7) on

Ons dink Olivia lyk ongelooflik oulik en gepas vir haar ouderdom in dié geel rok.