Modestories

Alle oë op pastelle + 9 móét-hê-sonbrille vir die lente

Met Pantone se se kleure van die jaar, Rooskwarts en Sereenblou, is die fokus weer op ’n sagter palet van die kleurwiel. Dis ook te sien in die nuutste sonbrille se rame, lense en ander detail.

Dit is die heel eerste keer dat twéé kleure die kleur van die jaar is.

“Saam demonstreer Rooskwarts en Sereenblou ’n balans tussen die warm, omhelsende roostone en die koeler, rustige blou. Dit straal verbintenis en welstand uit, sowel as ’n strelende gevoel van orde en vrede.” – Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van Pantone se Kleurinstituut www.pantone.com

 

Modespan kies 9 móét-hê-sonbrille vir die lente

Roospienk katoog-sonbril met skilpaddop-effek op arms (R4 186), Tom Ford by SDM Eyewear

Ronde oorgroot sonbril (R3 090), Giorgio Armani by Luxottica

Vlieënierstyl-sonbril met roosgoue raam (R2 277), Marciano by SDM Eyewear

Wenk: Pas by ’n vierkantige en ovaalvormige gesigvorm

Roosgoue raam met uitsnydetail en roospienk arms (R2 277), Marciano by SDM Eyewear

Clubmaster-sonbril met pienk ombré-lense (R2 290), Ray-Ban versprei deur Luxottica

Goue raam met pienk lense (R2 290), Ray-Ban versprei deur Luxottica

Wit Wayfarer-sonbril met roosgoue metaalknoppies (vanaf R5 287), Yves Saint Laurent by SDM Eyewear

Wenk: Pas by ’n hartvormige, ronde of ovaalvormige gesigvorm

Reghoekige sonbril (R4 690), PRADA by Luxottica

Reghoekige katoog-sonbril met Swarovski-kristalle (R3 657), Swarovski by SDM Eyewear.

Wenk: Pas by ’n hartvormige en ronde gesigvorm