Modestories

Alles is blou in jou klerekas

REG VIR DIE UITSTAPPIE (foto bo)

Vars en vrolik in strepe en kolle. Moenie skroom om verskillende patrone saam te dra nie.

Blou-en-wit gestreepte top van katoen (R379), Friends with Jenny. Blou romp met retropatroon (R299), Old Khaki. Duifblou oopknooptrui van viskose (R295), JFK Woman. Trilby-strooihoed (R249), Accessorize. Ring met blou steen (R50), Global Beads.

Groottes
Top: S – L
Romp: 6 – 16
Trui: XS – XL

Mode-sessie: November 2010

 

 

VERLORE IN DROME

Verken die wêreld in ‘n knoop-en-doop top met gestreepte bykomstighede.

Blou knoopkleur-top van viskose (R399), Sissy Boy. Vlootblou broek van katoen (799), Nicci Boutique. Turkooise skouersak van hennep (R150), Global Studio. Blou seilskoene (R349,95) Levi’s. Halsnoer van leer en klip (R180), Wild Orchid.

Grootttes
Top: 4 – 16
Broek: XS – XL

 

WENS JY WAS HIER

Kikker die eenvoud van jeans op met ‘n sagte blou top.

Kobaltblou top met val-detail (R550), Good Clothing. Kêreljeans (R499), Old Khaki. Oorbelle van blou gare in metaalraam (R90), Wild Orchid.

Groottes
Top: S – L
Denimbroek: 30 – 40

 

BLOM OP DIE STRAND

Speels en vroulik in ‘n blou rok met wit blomme. Dra bonkerige juweliersware daarby.

Denimblou katoenrok met blompatrone (R450), JFK Woman. Turkoois en blou halssnoere (R70 elk) Global Beads. Turkoois kunsleer-sandale met klinknaels (R499), Aldo.

Groottes
Rok: XS – XL 

OP REIS

Wees kreatief wanneer jy aanterk. Dra so ‘n serp oor jou skouers en bind dit met ‘n belt om jou middel vas.

Vlootblou skouerlose rok van viskose (R599,95), Mango. Blou-en-oranje serp van katoen (R60), Global Studio. Duifblou leerbelt (R299), Wild Orchid. Armband van been (R50), Global Studio. Kobaltblou sandale van blinkleer (R570), Pringle.

Groottes
Rok: XS – XL