Modestories

Alternatiewe skoene vir ’n bruid

Op jou troudag is seer en ongemaklike voete die laaste ding waaroor jy jou wil bekommer. Nogtans dra bruide soms die hoogste en ongemaklikste skoene op hul groot dag. En dan is dit ook sommer die eerste keer dat hulle daardie skoene aantrek, sonder om dit eers uit te trap – eina!

Wees slim en moenie dat ongemaklike hoëhakskoene jou dag bederf nie.

Nee, ek sê nie jy moet hakskoene soos die vloek vermy nie, beplan net mooi. Skaf vir jou ’n paar alternatiewe plat skoene aan vir wanneer jy daardie ongemaklike hakke wil uitskop.

A photo posted by India Earl (@indiaearl) on

Plat skoene red dalk net jou tone as dit kom by die “eerste dans”. Vermy pynlike voete en tone met dié skoene wat ons spesiaal vir jou groot dag uitgekies het.

Bron: WhoWhatWear

Kies hier vir jou die perfekte plat skoene:

Goue skoene, Aldo by Zando

Goue skoene, Aldo by Zando

Wit skoene met enkelbandjie, Aldo by Zando

Wit skoene, Saffron Browne by Spitz,

Wit skoene, Saffron Browne by Spitz

Balletstyl skoene, Mr Price/mrp.com

Balletstyl skoene, Mr Price/mrp.com

Silwerkleurige plat skoene, Witchery by Woolworths

Silwerkleurige plat skoene, Witchery by Woolworths

Balletstyl skoene, Chase&Chloe by Superbalist

Balletstyl skoene, Chase&Chloe by Superbalist

Wit skoene met veter-detail, Aldo by Superbalist

Wit skoene met veter-detail, Aldo by Superbalist

Wit skoene met hakbandjie, Zara

Wit skoene met hakbandjie (R659), by Zara

Jy kan steeds sjiek en stylvol lyk met plat skoene! ♥