amanda
Modestories

Ontwerper Amanda Laird Cherry is ‘n ou bekende . . .

Amanda ontwerp reeds sedert 1984 klere, en het sedert 1996 haar eie ontwerp-ateljee in Durban. Van kleins af was sy altyd aan die skets. In ‘n vorige onderhoud verklap sy dat Tokio haar gunsteling-modestad, Sardinië haar gunsteling-vakansiebestemming, en groen en blou haar gunsteling-kleure is.

Sy is ook een van die ontwerpers waarby ons vroeg reeds gaan aanklop het toe die SARIE-aanlynwinkel begin is. Ons het haar ‘n paar vrae gevra.

Wat is jou ontwerp-styl?
Ek glo daarin om stories te vertel deur my klere – stories oor ons land, ons kultuur, en ook my eie storie.

Wat was sover die hoogtepunt van jou loopbaan?
Die reaksie na my Durban Designer Collection-vertoning in 1999. Die reeks is deur Mblaselo-broeke geïnspireer. Hierdie broeke is tradisioneel deur trekarbeiders, wat laslappies daaraan gewerk het, gedra. Dié broeke het ek toe as die beginpunt van my reekse vir beide mans en vroue gebruik. Ek wou die skoonheid van hierdie kuns na vore bring, eerder as om die ontwerp bloot vir my eie gewin te gebruik.

Mnr. Mbatho, ‘n bejaarde man wat sy lewe lank Mblaselo-broeke gemaak het, het saam met van sy vennote op die loopplank verskyn om die vertoning te open. Hulle het almal egte Mblaselo-klere aangehad. ‘n Groep ontwerpstudente wat daar was het hulle toegejuig, en dit was vir my wonderlik. Boonop was dit ‘n wedstryd, wat ek gewen het, en by die partytjie daarna het ‘n Zoeloe-sprekende man my vertel hoe die reeks hom hoendervleis gegee het. Hy het my vir my werk bedank.

Wat inspireer jou?
Dit hang af waar ek my op daardie tydstip bevind. Soms is dit materiaal, proporsie, tekstuur, musiek, blomme, bome, stede … So baie dinge. Maar die een ding wat konstant bly is dat ek inspirasie put uit verskillende dele van Suid-Afrikaanse kultuur.

Wat is jou doelwitte?
Om my onderneming uit te brei en my produksie in Suid-Afrika te vergroot.

* Koop Amanda Laird Cherry in die nuwe SARIE aanlyn-winkel.

* Vandag se Amanda Laird Cherry-slimkopie is die Jo-rok (R570) – Dis twee rokke in een!

Jo-rok van Amanda Laird Cherry

  • ltrqskmyo

    J9wlFO jgkccbjjfosc, [url=http://qksvjmoyaorf.com/]qksvjmoyaorf[/url], [link=http://iiwnrozptbph.com/]iiwnrozptbph[/link], http://nnzsdtyfelrl.com/