april_behind_the_scenes_042rz
Modestories

April 2010-modesessie: Agter die skerms

Wanneer ons 2 uur later daar aankom weens al die padwerke,het almal se kafeïenregmaker gelukkig ingeskop en is elkeen opgewonde en reg om die dag te begin. Die weer is perfek om ‘n herfs-gevoel te skep – bewolk.

Dis ‘n lang dag maar alles verloop vlot en die foto’s lyk ongelooflik. Hoe dan ook anders met ‘n toegewyde span wat almal geniet wat hulle doen. En goeie resultate is altyd die kersie op die koek.

Ek kan net weer eens dankie sê aan my wonderlike vriendin Jacomien en haar man, Hennie, wat die bos op hul plaas vir ons beskikbaar gestel het vir die perfekte agtergrond vir ons jongste modeblaaie.

Ons span vir die dag
Fotograaf: Marguerite Oelofse van Infidels
Fotograaf se assistent: Cle Latouf
Hare en grimering: Johanni Nel van Infidels
Model: Emma Menteath van Boss

So lyk die bosnimf in die April-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 8 Maart, te koop. Put inspirasie uit die natuur se kleurpalet, blommotiewe, vere en kunspels.

  • Linda Lochner

    Sjoe, wens ek was daar!!!n Sprokieswoud met feetjies in die mooiste rokke! wens ek kan op vyftig nog sulke rokke dra, miskien sal ek vir my die wit rok gaan koop en sommer dit dra, teryl ek die huis skoonmaak!

  • Ronel

    Pragtige foto’s. Ek is mal oor bome en woude. Lieflik. Kan ons nie gaan kyk nie.

  • Thina Basson

    Baie geluk met ‘n onweerstaanbare mooi feetjie-foto(35). Dis geheimsinnig en tog ook werklik ….. Die ambiance, verruklik!