September 2009 mode-storie: Wat het agter die skerms gebeur?

Deur Amaria Carstens, SARIE - September 2009

September 2009 mode-storie: Wat het agter die skerms gebeur? Foto’s: Andrea Smith Galery

Skielik is daar 'n gegil en die hele span spat in verskillende rigtings...

Dis 05h00 die oggend en die span kom by SARIE se hoofkantoor in Kaapstad bymekaar. Buite is dit vreemd warm vir 'n Junie-oggend. Ons is baie opgewonde, want dit beteken die weer gaan saamspeel.

Tot ons skok begin dit om 07h30 reën!

Almal se moed sak tot in hul skoene. Ons moet dan vandag die modestorie vir die lente-uitgawe skiet!

Ons wag twee uur lank vir die reën om op te hou. Arme Danielle, die model, is besig om te verkluim van die koue. Nietemin gee sy vir ons haar vriendelikste lente-glimlag. Dinge verloop nou vlot. Romi, die fotograaf, neem die mooiste foto's. En die hele span is geïnspireerd.

Danielle is nét aangetrek en staan gereed vir die volgende foto toe daar skielik 'n gegil is en die hele span in verskillende rigtings spat.

Romi stap met 'n slang aan haar arm die kamer binne. Die enigste ander persoon wat ook dapper genoeg is om dit vas te hou, is Danielle.

Ek gril my morsdood! Die naaste wat 'n slang aan my mág kom, is in die vorm van 'n belt van kuns-slangvel.

Die dag sluit rustiger af met geen verdere onverwagte verrassings soos reën of slange nie.

  • Assistent Andrea Smith
  • Hare Fernanda @ Monopole
  • Grimering Fernanda @ Monopole
  • Plek Hohen Eichen Garden van Amazing Spaces

Verwante artikels

Galery

  • 'n Baie dapper Danielle
  • 'n Slang! Romi skrik nie vir koue pampoen
  • Uitrustings word by mekaar gesit
  • 'n Paar veranderinge word gemaak
  • Ons is gelukkig met die keuses
  • Vroegoggend - voor grimering
  • Fernanda doen Danielle se hare
  • Foto's word geneem van elke uitrusting
  • Nog steeds besig met die hare
  • Onderlaag word aangewend
  • Fernanda kyk na die wenkbroue
  • Danielle nog besig om wakker te word -  05h00
  • Oogskadu word aangewend
  • Danielle word gepoeier
  • Andrea besig om skoene te plak vir beskerming
  • Andrea hard besig
  • Al die "props"
  • Die span aan die werk
  • Uitrusting 1
  • Uitrusting 2
  • Uitrusting 3
  • Uitrusting 4
  • Uitrusting 5
  • Uitrusting 6
  • Uitrusting 7
  • Uitrusting 8
  • Danielle maak reg vir die eerste foto
  • Eerste foto word geneem
  • Kyk hoe mooi is die tuin
  • Fernanda gaan in om 'n haarsliert reg te druk
  • John reflekteer die "scrim" vir Romi
  • Ons kyk of ons gelukkig is met die eerste foto
  • Almal wag in spanning
  • Al die uitrusting is uitgepak en gestryk
  • Fernanda verander die hare
  • Die eienaar van die huis met sy troetel-slang
  • Danielle waag dit ook met die slang
  • Tweede uitrusting word afgeneem
  • Romi gee instruksies vir Danielle
  • Nog 'n haar uit sy plek
  • img_4220rz.jpg
  • Die span aan die werk
  • Die klere
  • Romi bekyk die foto's van nader
  • Almal geniet die hitte van die huis
  • Son! Yeah!
  • Danielle maak reg vir foto 3
  • Romi kyk of die komposisie vir haar werk
  • Romi skuif Danielle nader
  • Romi besluit dat nie nader foto beter gaan werk
  • Model en fotograaf hard aan die werk
  • Lig word gereflekteer op model
  • Broek word gespeld sodat dit beter pas
  • Fernanda doen 'n "touch-up"
  • 'n Vinnige breek vir iets om te eet
  • Ons maak reg vir volgende foto
  • Die laaste afronding word gedoen
  • Danielle moet fietsry
  • Kyk net hoe mooi is die lanings laventel
  • Romi kyk of die foto gaan werk
  • Amaria maak seker dat die klere reg sit
  • Fernanda doen nog 'n haar-verandering
  • Die eerste probeerslag vir die foto
  • Romi besig om te fotografeer
  • Amaria skuif die borsspelde reg
  • "Props" word geskuif - ons probeer 'n ander hoek
  • Danielle in posisie vir die volgende foto
  • Die span aan die werk
  • Die tweede probeerslang werk beter
  • img_4259rz.jpg
  • John bring 'n stoel vir Romi om op te staan
  • Almal wag in spanning om te kyk of dit werk
  • Romi kry die beste hoek van bo
  • Amaria stel die "props" op
  • Reg vir aksie, die "props" is in die foto
  • Fernanda skuif gou 'n haar
  • Amaria dra die "props" aan
  • Amaria kyk waar die "props" geplaas moet word
  • Die laaste foto van die dag
  • Ons probeer 'n ander opsie vir hierdie foto
  • Danielle "strike a pose"
  • Ja, modelle eet
  • Nog 'n toebroodjie ná die lang dag se werk

Kommentaar

  • Die hare is ongelooflik mooi en ek wil graag weet hoe fernanda dit so kry?! ek is nou in matriek en ek wil graag vir my afskeid my hare so maak. my hare is egter baie styl. kan julle my dalk raad gee asb?

    11de Sep. 2009, 18:08

Web Development by FormFunction