Kendall Jenner, Joan Smalls en Bella Hadid by die Miu Miu-vertoning. FOTO: Getty Images

Modestories

Bekende dra H&M op die rooi tapyt

Wanneer ons na die rooi tapyt kyk, sien ons gewoonlik uitrustings wat ons nooit sal kan bekostig nie. Nou het Joan Smalls gewys mens kan ’n bekostigbare naam dra en steeds die koppe laat draai! 

Joan is allermins “klein” in die modewêreld. Sy was al model vir luukse modehuise soos Michael Kors, Balmain, Gucci, Chanel, Calvin Klein en Marc Jacobs, het al haar draai op die roemryke Victoria’s Secret-loopplank gemaak en verskyn gereeld op die voorblad van glanstydskrifte.

A post shared by Joan Smalls (@joansmalls) on

A post shared by Joan Smalls (@joansmalls) on

A post shared by BALMAIN (@balmain) on

A post shared by Joan Smalls (@joansmalls) on

By die MTV Video Music Awards het Joan net weer gewys sy is ’n mode-ikoon wat ons moet dophou. Sy het ’n H&M-baadjie as rok gedra. Haar uitrusting het stylvol en gemaklik maar steeds sexy gelyk. Dit was ’n waagkans, maar ons reken dit het gewerk!

Jy kan ook die baadjie dra – kombineer dit met jeans en tops of trek dit bo-oor ’n minirok aan. Die baadjie (R2 999) is vanaf 14 September te kry by H&M in Sandton of die V&A Waterfront.

INGLEWOOD, CA – AUGUST 27: Joan Smalls by MTV Video Music Awards, California. (FOTO: Alberto E. Rodriguez/Getty Images)

Joan is nie die eerste bekende wat H&M op die rooi tapyt dra nie. Die Oscar-bekroonde Rooney Mara het ook vroeër vanjaar met ’n H&M-rok op Vanity Fair se rooi tapyt verskyn. Die rok was deel van H&M se Conscious Exclusive-reeks en altesaam 89 herwinde plastiekbottels is gebruik om dit te maak. En die prys? Ook R2 999 – ’n winskopie as jy ’n Hollywood-ster is.

A post shared by H&M (@hm) on