FOTO Gallo Images/Getty Images_Andreas Rentz

FOTO Gallo Images/Getty Images_Andreas Rentz

Modestories

Julia Roberts kaalvoet op rooitapyt

Op 11 Mei 2016 het die jaarlikste 10 dae lange Cannes-filmfees in Frankryk afgeskop. Dit is seker dié glansrykste filmfees in wêreld.

En soos ons besig was om ons bes geklede bekendes se foto’s te soek, kom ons op dié foto van Julia Roberts af. Kaalvoet op die rooi tapyt, op die tweede aand van Cannes.

12 Mei 2016 - Filmvervaardiger Jodie Foster (links) and aktrise Julia Roberts (middel) op die rooitapyt tydens  'Money Monster' premier by Cannes filmfees in Frankryk. Foto: Gallo Images/Getty Images_Andreas Rentz

12 Mei 2016 – Regisseur Jodie Foster (links) and aktrise Julia Roberts (middel) op die rooi tapyt by die première  van Money Monster  by Cannes in Frankryk. Foto: Gallo Images/Getty Images_Andreas Rentz

Dit het ons totaal en al onkant betrap, want ons is mal oor haar rok. Die oop skouers en neklyn is só vleiend op haar. Maar nou is ons bietjie in twee geskeur. Sal ons verby die kaalvoete kyk? Ons weet nie so mooi nie … Ons hoop maar sy het ’n wardrobe malfunction gehad, want dit is die enigste rede waarom ons haar sal vergewe vir dié kaalvoet-blaps.

Julia Roberts

 

Nog van ons gunstelinge die eerste twee dae:

Jessica Chastain
Sy het ons op die tweede dag bekoor met dié rok deur die ontwerpershuis Alexander McQueen. Definitief die SARIE-modespan se gunsteling.

 

Julianne Moore
Skitterend op die tweede aand. Ons bly maar gaande daaroor wanneer Julianne blinkers dra.

 

Amal Clooney
George se ander helfte was ook sy beste bykomstigheid. Nee wag, sy het het só fantasties gelyk dat hy eerder háár bykomstigheid was. Dié eenskouer-rok in pastelgeel laat haar soos ’n moderne prinses lyk.

 

Zuo An Xiao
Die Chinese aktrise se wit kantrok laat jou twee keer kyk en ons glo dat dit selfs ’n paar bruide gaan inspireer.

 

Blake Lively
Soos hulle in Engels sê “One hot mama“. Dié gesegde beskryf Blake op die eerste aand van Cannes die beste. Sy is tans swanger met haar tweede baba en lyk fantasties in dié rok wat haar swanger-kurwes sensasioneel maak.

 

Victoria Beckham
Sy bly maar een van ons gunstelinge, want sy weet hoe om iets ánders te probeer op die rooi tapyt en dit haar eie te maak. Met dié eenstuk bewys sy dit weer eens op die eerste dag van Cannes.

 

Jessica Chastain
Kan julle glo, sy het ons lysie twee keer gehaal. Persoonlik is ek nie mal oor geel nie, maar sy het my op die eerste dag van Cannes weer van geel laat hou. Met haar rooi hare het sy net weer bewys dat al daardie mites van rooikoppe wat net sekere kleure kan dra, totaal en al ou nuus is.

 

Kirsten Dunst
Baie mense stem dalk nie met my saam nie, maar ek was gaande oor die gróót appliek-blomme met kralewerk op dié rok. Kirsten het my twee keer laat kyk op die eerste dag van Cannes.

 

Watter uitrusting is jou gunsteling?

Lees nou

Almal praat oor Amal Clooney se rok

Die één skoen wat al die bekendes het

Winter 2016 se vreemde wenkombinasie – dra dít saam